‘No vac’ Djokovic wel by Australiese Ope

Novak Djokovic hou die beker van die Australiese Ope in Melbourne vas. (Foto: Patrick HAMILTON / AFP)

Die wêreld se beste tennisspeler Novak Djokovic, sal nie hoef te bewys dat hy die Covid-19-inenting ontvang het voordat hy aan die Australiese Ope mag deelneem nie.

Die Serwiër het op Instagram aangedui dat hy Dinsdag na Melbourne vertrek om aan die Ope deel te neem en dat hy medies vrygeskeld is daarvan om ʼn Covid-19 inenting te kry.

Die organiseerders van die tennistoernooi dring daarop aan dat alle deelnemers vooraf teen Covid-19 ingeënt moet wees, of op grond van mediese redes hiervan vrygeskeld is.

“Djokovic het vir mediese kwytgeskelding aansoek gedoen. Ná afloop van ʼn streng keuringsproses deur twee onafhanklike panele, is dit aan hom toegestaan,” het Tennis Australië in ʼn verklaring gesê.

Djokovic het tot dusver hardnekkig geweier om bekend te maak of hy reeds die Covid-19-inenting ontvang het of nie. Hy het wel in April 2020 aangedui dat hy nie ten gunste van verpligte inenting in die algemeen is nie. “Ek sal nie daarvan hou indien iemand my sou dwing om ingeënt te word sodat ek kan reis nie. Indien dit wel verpligtend word, sal ek ʼn besluit moet neem.”

Daar was dus sprake dat die wêreld se no. 1-tennisspeler nie aan die Australiese Ope sou deelneem nie.

Craig Tiley, hoof van die toernooi, het verlede week reeds bevestig dat verskeie spelers reeds mediese kwytskelding toegestaan is. “Die redes waarom spelers kwytgeskeld word, word nie bekend gemaak nie en die paneel oorweeg die aansoeke op ʼn anonieme basis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Richard ·

Ek is bly hulle neem standpunt in. Gedwonge inenting is verkeerd.

Noël ·

Ons sal sien hoe vinnig daai standpunt verander wanneer hulle nie meer mag deelneem nie.

Johnny ·

Dis alombekend dat daardie inspuiting geen effek het op jou kanse om Die Virus te kry of te versprei nie, so mens hou geen risiko teenoor 3de oartye in deur dit NIE te kry nie.
Die afdwing van daardie inspuiting sal dus niks meer as ‘n blote magsvertoon wees nie. Dis goed dat ‘n senior figuur suksesvol weerstand gebied het.

Harry ·

Ag kom net by ou, niemand het nog gese die jab keer dat jy die virus kry nie, dit help net dat jy nie ernstig siek word og dald sterf nie

Noël ·

Dit beteken nie dat ek ten gunste van gedwonge inenting is nie julle kwaaitjies. Just sayin’.

Johanncb ·

Sal ander spelers ook sulke vergunnings toegestaan word?

Johnny ·

Dit moet nie eers ‘n faktor wees nie, laat staan nog as ‘n “vergunning” gesien word.

Christine ·

Ek hoop Djokovich is die begin van die einde van die gedwonge inentings. As jy wil ingeent wees, doen dit, maar ander moet verantwoordelikheid neem vir hul eie gesondheid indien hul nie ingeent is nie. Afrika het die minste covid infeksies in die wêreld, en is ook die minste ingeent. Suid Afrika het die hoogste covid infeksies in Afrika en het ook die hoogste inenting.

Anel ·

Nou hoop ek is die begin van die einde van hierdie eksperiment. Wat vir die een geld moet vir almal wat daarop aanspraak maak, geldig wees. Die wat bang is kry die spuit maar moet my nie dwing om dit te vat nie.

Alexander ·

Dit is voorwaar wonderlike nuus. Totaal verregaande om mense te dwing vir inenting. Dit sou ook onbillik teenoor Novac gewees het. Ek hou sterk duim vas dat hy hierdie jaar al vier grand slam titels verower.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.