Die Franse ekonoom, Jean Tirole het Maandag die Nobelprys vir Ekonomie ontvang.
Die Royal Swedish Academy of Sciences het Tirole vereer omdat hy die begrip “hoe om bedrywighede met ʼn paar kragtige firmas te verstaan en te reguleer”, uiteengesit het.
Tirole (61) werk by die Toulouse School of Economics in Frankryk. “Hy het al sedert die middel 1980’s nuwe lewe geblaas in navorsing oor mislukkings in die mark,” het die akademie gesê. Sy werk hou ook verband met die manier waarop regerings samesmeltings hanteer en hoe hulle monopolieë moet reguleer.
Hy sal sy prysgeld van agt miljoen Sweedse krone (ongeveer R12.4 miljoen) op 10 Desember tydens ʼn toekenningsgeleentheid ontvang.
Klik hier om meer te lees oor Tirole.
Klik hier om alle vorige berigte oor die Nobelprys op Maroela Media te lees.
“Royal Swedish Academy of Sciences”: Komaan Maroela, julle kan beter.
Geen rede om dit nie te vertaal na die “Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap”, of so-iets, nie.