Nog 107 vermis ná passasierskip omslaan

seewolNog 107 mense is teen Woensdagoggend vermis ná ‘n Suid-Koreaanse passasiersboot, die Sewol, met 477 mense aan boord gesink het.

Die veerboot het onder andere 325 skoliere aan boord gehad wat vir ‘n vierdag-uitstappie van die hawestad Incheon na die eiland Jeju oppad was. Twee mense het blykbaar omgekom toe die skip omgekantel het.

Volgens die jongste berigte is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend. ‘n Passasier vertel hy het skielik ‘n dreuning gehoor, waarna die skip begin sink het.

Altesaam 368 mense is reeds gered.

Bron: Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.