Nog 21 ontvoerde Chibok-meisies vrygelaat

Skermskoot uit 'n video wat in Mei 2014 deur CNN op YouTube gelaai is.

Skermskoot uit ‘n video wat in Mei 2014 deur CNN op YouTube gelaai is.

Die Nigeriese regering het Donderdag aangekondig dat nog 21 van die meer as 200 skoolmeisies, wat in 2014 deur die Boko Haram-terreurgroep in Chibok in die noordooste van die land ontvoer is, vrygelaat is.

Die meisies, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, se vrylating kom te midde van onderhandelings tussen die Nigeriese administrasie en Boko Haram onder leiding van die Internasionale Rooikruis en die Switserse regering.

“Die onderhandelings duur voort,” het Garba Sheu, woordvoerder van pres. Muhammadu Buhari, gesê. Sy het gesê die meisies is vrygelaat en is tans in die sorg van die departement van staatsdienste. Malam Daura, direkteur-generaal van die departement, het Buhari ingelig oor die toestand van die meisies. Hulle is glo “baie moeg”.

“Daura wil hê die meisies moet rus voor hy hulle aan visepresident prof. Yemi Osinbajo oorgee,” het Sheu verduidelik.

Buhari is by op pad na Duitsland. Hy het die vrylating van die meisies verwelkom, maar Nigeriërs gemaan om daaraan te dink dat meer as 30 000 burgers al weens terreurmisdade dood is.

Die meisies is glo vrygelaat in ruil vir vier Boko Haram-gevangenes.

Die meisies was deel van meer as 200 skoliere wat op 14 April 2014 uit hul koshuis in Chibok, Borno, ontvoer is. Die eerste van die meisies en haar baba is in Mei vanjaar naby die Sambisa-woud in die noordooste van Nigerië gevind. ʼn Tweede meisie is ʼn paar dae later gevind.

Lees alle vorige berigte oor die Chibok-ontvoering op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ockert ·

Klaar as seks slawe gebruik, dalk nog swanger en sekerlik gedwong om islam na te volg.

jaco ·

Boko Haram ontvoer net christene en dwing hulle dan om moslems te word. die wat weier, word doodgemaak. En die weste doen niks. sover ek weet is beide President Obama en die Britse eerste minister veronderstel om Christene te wees. Hulle word soms op Sondae in kerke gesien…

Petro ·

Obama is nie n christen. In teendeel hy is eerder vir die moslims en teen christene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.