Nóg 3 vas oor 39 liggame in vragmotor

‘n Lugofoto wys die toneel in die suidooste van Engeland waar die liggame van 39 mense agterin ‘n vragmotor gevind is. (Foto: AP)

Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die 39 liggame wat vroeër vandeesweek agter in ’n groot vragmotor in die suidooste van Engeland gevind is.

CNN berig twee mans en ’n vrou is Vrydag in hegtenis geneem op vermoede van misdrywe wat verband hou met manslag en mensehandel. Volgens die polisie in Essex is die een man 48 jaar oud en van Noord-Ierland afkomstig. Die ander man en vrou is albei 38 jaar oud.

The New York Times berig dié man en vrou is van Warrington in die noorde van Engeland.

Maroela Media het vroeër berig paramedici het Woensdag die vragmotor in die Waterglade-nywerheidspark in Grays, ʼn dorp nagenoeg 40 km buite Londen, gevind. Die vragmotor het Engeland vermoedelik Saterdag deur die Walliese hawe Holyhead binnegekom.

Die Noord-Ierse bestuurder van die vragmotor (25) is reeds in verband met die sterftes in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding, maar is nog nie aangekla nie.

Hy is intussen as Morris Robinson geïdentifiseer.

CNN berig daar is reeds met ’n lykskouing begin om van die liggame te identifiseer. Luidens inligting wat reeds bekend is, is die liggame van agt vroue en 31 mans in die vragmotor gevind. Die plaaslike polisie het bekend gemaak dat die oorledenes glo almal Chinees is.

China betwis egter dié bewering en sê dit is nog nie moontlik om die nasionaliteite van die slagoffers te bevestig nie, berig The New York Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rina ·

Arme arme mense ………. kan persone so geestelik siek raak om handel te dryf met mense ……. mag jul swaar gestraf word

Alida ·

Siek siek mal mense in die wereld. Hoop die skuldiges kry almal doodstraf. Dit is afgryslik. Doeane beheer behoort strenger te wees.

LANA ·

Dit wil voorkom asof misdaad ‘n paar eeue voor wet en orde is.

Adrian ·

Kriminele buit mense uit vir n kamstige beter lewe tot hul daar is ( nes hier) en uit moedeloosheid neem hul n kans maar met betaling. Ok die kriminele is skuldig , maar n mens het keuses in die lewe en die dooies het ongelukkig n verkeerde besluit geneem. N mens kan nie jou lewe in vreemdelinge se hande laat nie.

DA BO ·

Nou hoekom ontken die chinese so gou dat dit nie hulle mense is nie. Dis baie verdag. Het hulle miskien geweet van diè onwettigheid??? Sal my glad nie verbaas nie.

Mieke ·

Die arme mense is van Vietnam het ek iewers gelees……….

Tania Heyns ·

Dagsê Spel-polisie

Ek vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

jaco ·

Dié 39 mense moes eerder SA toe gekom het. Hiers geen geheimhouding nie: jy stap eenvoudig openlik oor die grens, sonder paspoort of enige ander dokumente en dan bly en bly en bly en bly jy maar net.

Dankbaar ·

Ek lees in HG dat daar mense is wat na hul kinders familie soek wat skoog gegee het in daardie lande en net verdwyn het. Wonder of van hul nie ook in hierdie trok was nie. Baie hartseer gebeurtenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.