Nóg bederf vir ‘skaamtelose’ koning Mswati terwyl mense steier

eSwatini se koning Mswati III het homself en sy vroue “geseën” met voertuie van meer as R200 miljoen. (Foto: Twitter)

Terwyl staatsamptenare in eSwatini (Swaziland) die afgelope drie jaar geen salarisaanpassings gekry het nie, die gesondheidsorgstelsel in duie gestort het en sommige tersiêre instellings gesluit word weens ʼn gebrek aan geld, gaan koning Mswati III voort met sy peperduur inkopies.

“Te midde van dié krisisse wat hy self veroorsaak het, gaan die skaamtelose koning Mswati voort om homself en sy familie te bederf en is hy salig onbewus van die magdom probleme van die mense wat hy beweer hy lei,” het die People’s United Democratic Movement (Pudemo) gesê.

Maroela Media het vroeër berig die koning het homself en sy hele harem “geseën” met Rolls Royce-motors ter waarde van meer as R200 miljoen. Die motors is glo nie met belastingbetalers se geld gekoop nie, maar gefinansier deur die koning se spesiale spaargeld.

eSwatini se koning Mswati III tydens ‘n besoek aan Suid-Afrika in 2015. (Foto: Siyasanga Mbambani/GCIS)

Pudemo sê ondanks die groot woede wat dié stap veroorsaak het, het die koning verdere sout in sy mense se wonde gevryf deur nóg 120 BMW’s en 30 motorfietse vir hom en sy familie se eksklusiewe gebruik te koop. Die voertuie is glo Donderdag afgelewer.

“Om te sê dat dit ʼn blatante vertoon van arrogansie en ʼn algehele verontagsaming van die arm mense van Swaziland (sic) se gevoelens deur die monarg is, is om dit sagkens te stel.

“Hy wys eintlik vir hulle ʼn middelvinger en bewys aan ʼn ieder en elk dat hy geen ontsag vir die wet het nie en allermins begaan is oor mense se kommer.”

Pudemo sê hy veroordeel dié “openlike plundery” van die land se onderdrukte mense in die sterkste terme moontlik en doen ʼn beroep op almal om op te staan teen die koning.

“Ons kan nie toelaat dat een familie aanhou om ons in armoede te hou nie. Dit is tyd om terug te baklei en te vat wat regmatig aan ons behoort.

Nog van die voertuie wat glo vir die koninklike familie in eSwatini bestem is. (Foto: Twitter)

“Ons waardigheid as nasie word ernstig ondermyn deur ʼn parasitiese koninklike familie en ons kan nie langer stilbly terwyl ons swaarverdiende belasting tot voordeel van ʼn familie gebruik word by wie ons geen baat vind nie.”

Die Swaziland Solidariteitnetwerk (SSN) het vroeër gesê koning Mswati het die afgelope jare bewys hy is een van die selfsugtigste konings in menseheugenis en sy mees onlangse optrede bewys dit.

Die netwerk het óók ʼn beroep op burgers gedoen om in opstand te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Heinrich ·

Ai Swaziland, jammer om te hoor van julle probleme. Maar dit is mos maar julle tyd nou om te skep na al die jare se onderdrukking in die vorige eeu, siestog niemand wil mos arm wees nie…ons hoor dit gereeld hier. Mugabe het die voorbeeld gestel, Swaziland en SA volg mooi.

Alex ·

Maar wie gaan dan hulle koning wees? Dit is ongehoord om ‘n leier te hê wat nie koning kraai nie!

Sharon Bronkhorst ·

Baie duidelik het ons ‘leiers’ ook heelwat spesiale spaargeld.

Jordaan ·

Absolute snert dat hy nie bewus is van mense se armoede en die land se probleme nie. Is die deftige motors se ruite heeltemal bedek sodat hy niks kan sien as hy verby die verval ry nie? Die waarheid is dat hy, soos meeste Afrika leiers, nie ‘n duit omgee vir ander mense nie. Slegs die binnekring kan deel in die buit.

Pieter ·

Gaan kyk bietjie hoeveel miljoene kry die kamstige konings van die ANC land ons belating geld dan praat ek nie van die nuwe bakkies en karre wat ons ook voor betaal nie

Sirkus ·

Nie sy spaar geld nie maar sy “spesiale spaargeld” bwhahahahaha…

Klippie ·

Afrika, jou lekker ding! Dis die Afrika manier…. hoe dan anders?! Voel vere vir die gepeupel.

Bert ·

Ja Klippie, dit weet ons almal, en nogsteeds het ons in die referendum gestem dat hulle maar als kan vat.
Ons het net ons self om te blameer.

Chris ·

Ek stem saam met jou. Ek sou net graag wou weet wie is die integriteit lose ondernemings wat in die buit deel.

Cherokee ·

Ek kyk die vakature advertensies deur vir koning. As een beskikbaar word sal ek aansoek doen.

Cherokee ·

Yip, natuurlik Jordaan. Dit sal immers meer waardig wees. Ek sal vir my harem Corollas koop wat net so trotse voertuig is en selfs meer betroubaar.

Willie ·

Hulle is ook deel van die “Struggle”.. Struggle om eerlik te wees…

Dries Bý ·

Moenie worry nie druk net meer geld ,die inkomste sal daar wees.

Anoniem ·

Dit gaan hier in SA net so lekker gees skaampte nie Sies.

Dries du Toit ·

En steeds omarm ons en hyg ons na asems vir hierdie wonderlike Afrika demokrasië.Wanneer sal ons oë tog oopgaan en dit sien vir wat dit is.n Skaamtelose negering van enige empatie vir hul eie mense.Maar die liberale Weste juig en snak na hul asems oor die wonder van die swart Afrikaan.

Cherokee ·

Ag JJ, jy wou so graag iets in Engels sê. Dit het geslaag! Ek is bly vir jou.

barend v d westhuizen ·

dit is mos die afrika maneer jy sorg net vir jou self

Wim ·

Waaroor kla hulle. Hy het dan die land se naam verander toe juig en klap hulle hande,wat het dit gekos? Nou kla hulle omdat hy vir hom en familie n paar karretjies gekoop het.

John ·

En sonder grense tussen hier en daar sorg ons vir die jonges en die oues en die werkloses en die skelms en die skoolkinders en die studente en die land se kragnetwerk en… en…

Wielspore ·

Swaziland word bestuur op adelskap, amper soos in Engeland waar edel mense baie geld verdien sonder dat hulle daarvoor werk. Die verskil in Swaziland is, is dat die koning in beheer van die land se geld is, in Engeland kry die edelskap slegs ‘n bedrag geld.
Mnr Swaziland het dan ‘n oop tjek boek en edele mense ry in nuwe mooi duursame voertuie. Net nog ‘n Afrika land wat onder gaan as gevolg van mags beheptheid.

Sê ek ok ·

Die kabinet het ook spesiale spaar rekening dit word belasting geld genoem

Belasting ·

As die staat jou roof is dit belasting, as kiepie jou roof is dit ‘n misdaad.

Kallimaari ·

Dié koning sal, soos almal, óók voor die Koning van die konings die knie buig. Hy sal dan op daardie dag rekenskap moet gee aan Hom wat hom, Mswati III, heerskappy gegee het. As koning is sy pligsverantwoordelikheid uiters hoog. Ongelukkig ag hy nie as hoog dit wat van hom verwag word. Van die, aan wie baie toevertrou is, word baie verwag. Ek bid hy kom tot sy sinne terwyl hy nog asem het.

Swartwolf ·

Koning van Swaziland? ‘n Bankrot decrepid nasietjie maar die “koning” koop Rolls Royces….wat ‘n nar. Afrika “freedom and independance” op sy beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.