Nóg bekendes erken hul is seksueel geteister, -aangerand

Lady Gaga (Foto: Facebook)

Talle bekendes het vandeesweek hul stemme by die internasionale #MeToo-veldtog gevoeg nadat die Amerikaanse aktrise Alyssa Milano dié veldtog Sondag begin het.

Milano het ʼn inskrywing op sosiale media gemaak wat voorstel dat mense wat al ʼn slagoffer van seksuele teistering of -aanranding was, ʼn soortgelyke inskrywing met die woorde “me too” moet maak om bewusmaking van dié probleem en die omvang daarvan te bewerkstellig.

Milano se inskrywing was in reaksie op die bewerings dat die bekroonde rolprentvervaardiger en medestigter van The Weinstein Company, Harvey Weinstein (65), minstens drie vroue verkrag en tien ander seksueel geteister het. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy meer as agt vroue, onder wie Rose McGowan, Asia Argento en Lucia Evans (née Stoller), betaal het om nié oor die seksuele teistering en aanranding te praat nie. Talle vroue, onder wie bekendes soos Cara Delevingne, Angelina Jolie en Gwyneth Paltrow, het ná die bewerings ook hul stemme by die klagte gevoeg.

Meer as 65 000 Twitter-gebruikers het teen Woensdagmiddag (plaaslike tyd) reeds op Milano se inskrywing gereageer met die woorde “me too”. Dié onderwerp was vir ʼn groot deel van die week een van die mees besproke onderwerpe op Twitter. ʼn Peiling deur Facebook het verder ook getoon dat meer as ses miljoen gebruikers oor dié veldtog gepraat het.

Harvey Weinstein (Foto: YouTube)

Onder die internasionale bekendes wat reeds hul stemme by die veldtog gevoeg het, is Debra Messing van Will & Grace-faam, Even Rachel Wood van Westworld, Lady Gaga, Anna Paquin, Patricia Arquette, Rasario Dawson en selfs Barry Crimmins.

In Suid-Afrika het talle mense hulle ook tot sosiale media gewend om oor hul eie ervarings van seksuele teistering te praat.

Sallie Hofmeister, Weinstein se regsverteenwoordiger, het vandeesweek gesê alle bewerings van seks sonder wedersydse ooreenkoms of instemming word steeds onomwonde deur Weinstein ontken.

Volgens statistieke is daar daagliks meer as 140 voorvalle van seksuele aanranding of -teistering in Suid-Afrika.

Vir meer inligting oor dié veldtog, besoek Twitter.

Bron: Time

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietman ·

‘n Epidemie in Hollywood wat nou as ‘n wêreldprobleem verkoop gaan word in die media.

Rupert Ashford ·

Heeltemal reg Pietman. Ander probleem van die “epidemie” in Hollywood is dat mense bereid om baie (let wel baie) te doen om ‘n kans te kry om ‘n loopbaan te begin. Jy kan nie saamgespeel het en jou beginsels prysgegee het vir ‘n bietjie geld, en dan later huil dat jy uitgebuit of misbruik is nie, dit werk nie so nie. Ek weet wat ek hier is klink baie kras maar beginsels stop mens om dinge te doen, dit laat jou nie toe om later te wil “victim” speel nie. En hierdie beginsels ding sluit ook die ouens in wat nou se “ons het altyd geweet/gehoor van die dinge, maar liewer anderpad gekyk om ons loopbane nie in gevaar te stel nie”. Dit is lamsakkig, en maak van jou ‘n medepligtige (enabler) vir ‘n paar silwerstukkies.

Liza101 ·

Stem volkome saam Rupert! Hulle kan nie nou victim kom speel nie! Hoekom nou eers?

martin cilliers ·

vrouens het dit verloor dat mans normaalweg vatterig is sonder bedoelings shame !!!!!!!

Herman Goosen ·

Ja,
Al wat “Lady” is aan die vrou is haar naam. Noudat die skip sink spring almal af, maar terwyl die skroewe fluks gekloof het deur die waters was meer as driekwart doodstil oor hulle “teistering”. Geldgierigheid was duidelik belangriker as reg en geregtigheid. ‘n Kommerwekkende siekte in die modern Westerse wereld.

Denise ·

Ek verstaan net nie hoekom die vrouens stil gebly het nie ????? Ons almal weet tog wat is reg en verkeerd en jou liggaam is die tempel van GOD.

Lola ·

Al die kommentare laat my koud. Om seksueel uitgebuit te word lok baie negatiewe reaksies oa om te skaam/vernedered te wees om iets omtrent die saak onmiddelik te doen. Veral as niemand anders niks gesien het nie is dit jou woord teen die “abuser” sin. So jy sit met daardie ding van waar niemand jou wil/sal glo nie. So jy het jouself nou twee keer laat verneder. So stap die tyd aan en niks gebeur nie en jy laat dit maar gaan want ten minste het jy ‘n werk en jy het nou nie juis ‘n arm of ‘n been verloor nie. En sommer nog ‘n ding. As jy ‘n man vry beteken dit jy kan nog steeds halt roep net wanneer dit jou pas. Nie wanneer dit hom pas nie. Sluk daaraan en verstik!

NAIEF ·

Hier is BAIE naiewe mense wat hier kommentaar lewer. Ek stem saam met Rupert. Baie opkomende sterre bied hulle aan vir vervaardigers en mense in hoë posisies wat hulle kan help om hulle loopbane te bevorder. Eers as hulle gevestigd is en genoeg geld maak en ‘n naam gemaak het, dan kom hulle met die ‘molestering’ uit, terwyl baie van hulle gewillige partners was. Ons almal is TEEN seksuele uitbuiting, maar regtig, in die wereld daarbuite doen mense enigiets vir’n naam of ‘n kontrak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.