Nog dooie olifante gevind ná waterval-tragedie

Van die olifantkarkasse.

Wildlewe-amptenare in Thailand het nog vyf olifantkarkasse gevind nadat daar oor die naweek ses dooie olifante gevind is wat by ʼn waterval afgestort het.

Die vyf olifantkarkasse is gevind nadat ʼn hommeltuig ingespan is om te probeer vasstel wat daartoe gelei het dat ses olifante oor die naweek by die Haew Narok-waterval in die Khao Yai Nasionale Park afgestort het.

Die twee olifante wat op ‘n rotslys vasgekeer was.

Daar word in die stadium vermoed dat die olifante ʼn kalf wou red wat vermoedelik gegly en by die waterval afgestort het.

Die olifante is glo almal van dieselfde trop. Twee olifante is op ʼn rotslys gevind naby aan waar die eerste karkasse gevind is.

Klowe in die park vul gewoonlik met sterk vloeiende water tydens die reënseisoen. Volgens die owerhede is die naweek se voorval die meeste olifante om tydens ʼn enkele voorval dood te gaan. Agt olifante is in 1992 by dieselfde waterval dood.

Daar is vermoedelik sowat 300 olifante in die park.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

SkaamteLOOS ·

Dalk lelik maar dat hulle eerder so dood is, as wat hulle deur die mens se hand dood gemaak is vir eie selfsug

Jacobus ·

Warning to sensitive readers;

We live in a cruel, heartless and unforgiving world; grow-up and deal with it otherwise you will be chewed to pieces and spit-out by this unforgiving world.

Natalene Visser ·

Diegene wat al video’s gesien het waar n olifantfamilie n klein kalfie in n rivierstroom red of probeer red, sal hulself kan indink watter treurspel hier moes afgespeel het. Dis verskriklik tragies.

Theresa ·

Hoe walglik. Die arme diere soek net vrede, kos en water. Wat de hel….??!!

Maljan ·

Wel Theressa, nie die anc of die VF+ het hulle oor die wal gedryf nie.

Ben ·

Wil net sê. Die Thai mense is heilig oor hul olifante en bewaar hulle en behadel hulle baie goed. Ek weet ek was al paar keer daar in die noorde. Ry gereeld daar op hulle. Dis ‘n kleiner tipe. Bsie tragies vir die kudde slim dier.

Maljan ·

Tragies, maar eintlik so mooi. Hulle is diere maar kyk hoe koester hulle hul kinders dat 11 volwassenes hulle lewens gegee het om een kalfie te red.

Maria ·

Ek stem….dit wat n mens nie aan n mede mens sal doen nie. LIEFDE
Hartseer om so iets te sien wat gebeur het wil indink nie.

Dirk ·

Ja Christo ek sal ook graag wil weet wat walglik vir Theresa is. Sy bedoel seker tragies.
En waarvoor die Wat de Hel? Iemand moes haar kwaad gemaak het. Ai Robert Betta as jy maar weet hoe sensitief is ek vir Engels,

toy ·

Kon hulle nie net ‘n heining daar gesit het waar die waterval so gevaarlik is, hulle weet mos dit het al voorheen gebeur.

Sandy ·

Dis vreeslik tragies. Hulle sal enigiets doen om hulle babas te red.

DS ·

Deel van die lewe/natuur. Ongelukke gebeur wie moes dit gekeer het? Dis soos HarteLOOS se tenminste was daar nie ‘n menselike hand by hulle dood betrokke nie. Dis soos wanneer jy’ n leeu ‘n bok sien vang jy mag nie die “arme bokkie” help nie. Hartseer maar so is die lewe.

Anoniem ·

Dit is hartseer om te sien dat so iets gebeur maar dan moet ons ook verstaan dat dit ook nie sommer net verhoed kan word nie al se mense nou span n draad ensovoorts. Die olifante is in hul natuurlike omgewing en n olifant is verskriklik sterk n draad keer hom nie en as hy wil gaan dan gaan hy. Hoekom die een persoon so tekere gaan oor sensitiwiteit weet ek nie dit sou baie erger gewees het as n trop leeus hulle gevang het en verskeer het en dan die ander persoon wat weer se eerder so as wat hulle deur die mens gedood is. Dit is n tragedie wat plaasgevind het en dit is dit.

Realis Thailand ·

Ek het n fout gemaak .Daar is 122 natuur reservate waarvan so 20 Marine reservate is
Baie is maar klein en ek moet se nie een kom naby die soort reservate wat daar in SA is en al die kere wat ek al in n reservaat was was ek maar te dankbaar as ek n voel sien en n paar visse in die riviere. Baie lyk soos Jhb Stasie soos die Thais die plekke vertrap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.