Wildlewe-amptenare in Thailand het nog vyf olifantkarkasse gevind nadat daar oor die naweek ses dooie olifante gevind is wat by ʼn waterval afgestort het.
Die vyf olifantkarkasse is gevind nadat ʼn hommeltuig ingespan is om te probeer vasstel wat daartoe gelei het dat ses olifante oor die naweek by die Haew Narok-waterval in die Khao Yai Nasionale Park afgestort het.
Daar word in die stadium vermoed dat die olifante ʼn kalf wou red wat vermoedelik gegly en by die waterval afgestort het.
Die olifante is glo almal van dieselfde trop. Twee olifante is op ʼn rotslys gevind naby aan waar die eerste karkasse gevind is.
Klowe in die park vul gewoonlik met sterk vloeiende water tydens die reënseisoen. Volgens die owerhede is die naweek se voorval die meeste olifante om tydens ʼn enkele voorval dood te gaan. Agt olifante is in 1992 by dieselfde waterval dood.
Daar is vermoedelik sowat 300 olifante in die park.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Dalk lelik maar dat hulle eerder so dood is, as wat hulle deur die mens se hand dood gemaak is vir eie selfsug
You could have at least warned sensitive viewers.
Diegene wat al video’s gesien het waar n olifantfamilie n klein kalfie in n rivierstroom red of probeer red, sal hulself kan indink watter treurspel hier moes afgespeel het. Dis verskriklik tragies.
Aai, dis baie tragies.
Hoe walglik. Die arme diere soek net vrede, kos en water. Wat de hel….??!!