Nóg drie polisiebeamptes in VSA doodgeskiet

Polisiebeamptes Sondag op die toneel in Baton Rouge, Louisiana waar drie polisiebeamptes doodgeskiet en drie gewond is. Foto: Scott Clause/The Daily Advertiser via AP

Polisiebeamptes Sondag op die toneel in Baton Rouge, Louisiana waar drie polisiebeamptes doodgeskiet en drie gewond is. Foto: Scott Clause/The Daily Advertiser via AP

Drie polisiebeamptes is dood en drie gewond nadat ʼn gewapende aanvaller Sondag in Baton Rouge, die hoofstad van Louisiana, op hulle losgebrand het.

Supt.kol. Mike Edmonson, woordvoerder van die polisie, het aan die media gesê die skieter was “ʼn hele paar minute” in ʼn skietgeveg met die polisie betrokke. Hy is uiteindelik op die toneel doodgeskiet.

ʼn Plaaslike koerant The Advocate het die skieter as Gavin Eugene Long (29) geïdentifiseer. Volgens die owerhede word daar na nog twee verdagtes gesoek. Die polisiebeamptes wat doodgeskiet is, is later as Montrell Jackson (32), Matthew Gerald (41) en Brad Garafola (45) geïdentifiseer.

Die skietvoorval in Baton Rouge volg slegs tien dae nadat daar tydens betogings in Dallas op polisiebeamptes losgebrand is. Vyf polisiebeamptes is doodgeskiet, terwyl ses beamptes en een lid van die publiek gewond is. Die aanvaller is later deur die polisie doodgeskiet.

Pres. Barack Obama het Sondag se skietvoorval ten sterkste veroordeel. “Vir die tweede keer in twee weke is polisiebeamptes, wat elke dag hul lewe vir ons in gevaar stel, in ʼn lafhartige en verwerplike aanval doodgemaak. Dít is aanvalle op staatsbeamptes, op die gereg en op ʼn beskaafde samelewing en dit moet end kry,” het Obama gesê. “Hierdie aanvalle is die werk van lafaards wat nie namens enigiemand praat nie. Die aanvalle maak niks reg nie en bevorder geen sake nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eugene ·

Tragies en so onnodig. Dit is ongelukkig die gevolge van rasse spanning en haat tussen mense.

Michelle ·

Nee genade wanneer gaan dit stop probeer hulle die hele wit polisiemag uitwis?

Kiepie ·

Die drie offisiere was een “Hispanic” , een balnk en een “African American” Michelle. As ras dan nou vir jou so belanrgik is kry dit ten minste net reg. (Of maak die ander twee nie saak nie?)

Johan ·

Kiepie.

Lees bietjie dieper. Kyk na die uitlaatings van die skieter. Hy neem ‘wraak’ teen alle onderdrukking van swart mense in VSA. Hy skeer alle swart mense wat saam met wit mense werk oor die selfde kam. Hy reken hulle is verraaiers.

Hy neem wraak oor 2 weke gelede se skiet van swart man deur 2 ‘blank’ polisie lede.

Ras het dus ALLES met die aanval te make. Pasop om dus te vinnig ander reg te help.

Kiepie ·

Johan, daar word geen “uitlatings van die skieter” in hierdie berig aangehaal nie. Daar is ook geen aanduiding dat hierdie voorval verband hou met die gebeure in Dallas die afelope week nie. Vir sover ons hieruit kan aflei is dit bloot net ‘n sinnelose aanval op die polisie deur ‘n groep krimenêle en dus is dit na my mening ‘n ongegronde afleiding om te maak dat die aanval gebasseer is op ras (of dan assosiasie met die blanke ras as jy wil). Maar elkeen kan seker maar sy eie gevolgtrekking maak.

Johan ·

Maroela. Eerstens het Obama bloot net die geweld veroordeel en nie die haat wat teen VSA polisie aangehits word nie. Sien sheriff Clarke se reaksie oor dit. Obama was meer bekommerd oor die reaksie oor die moorde as die moorde self. Om dus te sê hy het dit ten sterkste veroordeel is swak beriggewing.

Tweede is die skieter in Dalas nie deur die polisie dood geskiet nie maar opgblaas d.m.v. afstandbeheer robot.

Bietjie meer akkuraatheid sal waardeer word.

Arak ·

Die bose het nie regverdiging nodig om boos te wees nie. Wat wel sleg is, is dat sommige meen hulle moet regverdigings daarvoor uitdink. Daar is geen regverdiging vir die moord op polisie nie, maar die hoofstroommedia sal waarskynlik weer die snaar tokkel van die burgers wat ontwapen moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.