Nog geen teken van oorlewendes ná vliegramp

Die ongelukstoneel in die Guangxi-provinsie van China word gefynkam. (Foto: CNS / AFP)

Nog geen oorlewendes is opgespoor nadat ’n passasiersvliegtuig Maandag met 132 mense aan boord in China neergestort het nie.

Die voorval blyk nou dié land se dodelikste vliegtuigongeluk in byna drie dekades te wees.

Intussen krap ondersoekers steeds kop oor waarom China Eastern-vlug MU5735 in die Guangxi-provinsie neergestort het.

“Ons is op grond van die huidige beskikbare inligting nie in staat om die oorsaak van die ongeluk vas te stel nie,” het Zhu Tao, direkteur van die lugvaartveiligheidskantoor by China se lugvaartowerheid, laat Dinsdag aan verslaggewers gesê.

Daar word nou gesoek na die vlugopnemers.

Sun Shiying, voorsitter van China Eastern, sê die lugdiens het reeds kontak gemaak met die families van almal aan boord van sy vliegtuig wat neergestort het. Die Boeing 737 was byna sewe jaar oud en het voor die vlug aan alle lugwaardigheidsvereistes voldoen.

Tog het dit Maandag sowat 20 000 voet geval in net minder as ’n minuut voordat dit in ’n bergagtige gebied neergestort het. Die vliegtuig was van Kunming na Guangzhou onderweg en het ’n reuse-bosbrand veroorsaak nadat dit neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Perdeby

Daai mense is al dood nog voor die vliegtuig die grond getref het!

Francois

Pateties dat Chine kan dink daar kan dalk oorlewendes wees na so ongeluk