Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig

malaysia airlines vermiste vliegtuigDie maritieme veiligheidsowerheid in Australië het Vrydag gesê hul radars het nie enige teken van wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines opgespoor nie.

Ervare waarnemers word nou gebruik om te kyk of hulle nie enigiets met die oog kan sien in die suidelike Indiese Oseaan nie.

Die veiligheidsowerheid (Asma) koördineer die soektog na vlug MH370 in die onbegaanbare deel tussen die vasteland en Antarktika, sowat 2 500 km suidwes van Perth.

“Vliegtuie vlieg laag oor die gebied met ervare waarnemers wat uit die vliegtuigvensters kyk om voorwerpe te soek,” het John Young gesê. Die soekvliegtuie moet naby aan mekaar vlieg en Young het gesê hulle benodig meer vliegtuie vir dié tipe soektog. Vyf vliegtuie het Vrydag aan die soektog deelgeneem: drie RAAF P3 Orions van Australië, een langafstand korporatiewe straler en ʼn P8 Poseidon van die Amerikaanse vloot.

Die Boeing 777 met 239 persone aan boord het op 8 Maart verdwyn.

“Ons het tot dusver nog niks opgespoor nie,” het Young bygevoeg.

Die soektog duur oor die naweek voort.

Lees ook:
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie ·

Dit lyk dan of die vlug in Saudi Arabie gevind is. Dit is deur ‘n prins gekaap

MALAYSIAN AIRLINE FOUND, HIJACKED BY PRINCEThe missing Malaysian Airlines

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.