Nóg ʼn aardbewing in Amerika

Yellowstone National Park sign at the North Entrance; Jim Peaco; October 1992ʼn Aardbewing wat 4.8 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Yellowstone Nasionale Park in Amerika Sondag getref.

Die Universiteit van Utah se seismografiese stasie het berig die aardbewing het om 06:34 ongeveer 6.4 km noord-noordoos van die Norris Geyser Basin plaasgevind. Die universiteit berig dit is ook in West Yellowstone en Gardiner, Montana, gevoel.

Daar is nog nie enige skade aangemeld nie. Daar is hierdie tyd van die jaar slegs ʼn paar besoekers in die park.

Die afstand tussen Los Angeles, wat oor die naweek deur twee aardbewings getref is, en Yellowstone Nasionale Park is ongeveer 1 620 km. -SAPA

Lees ook:
Naskok tref Los Angeles
Aardbewing skud Los Angeles

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.