Nog ʼn aardbewing skud Italië

Die foto is Maandag in Norcia, Italië geneem. Foto: AP Photo/Gregorio Borgia

Die foto is Maandag in Norcia, Italië geneem. Foto: AP Photo/Gregorio Borgia

Italië is Donderdag weer deur ʼn aardbewing getref, die soveelste een die afgelope maand.

Donderdag se aardbewing het 4,8 gemeet en in die Macerata -omgewing voorgekom. Die episentrum was sowat 3 km van Pieve Torina op ʼn diepte van sowat 10 km. Daar was nie onmiddellik berigte van lewensverlies of groot skade nie.

ʼn Kragtige aardbewing van 6,6 het Sondag sentraal en suidelike Italië getref. Die aardbewing het Sondag omstreeks 07:40 plaasgevind.

Verskeie aardbewings het op 26 Oktober naby die dorpie Visso voorgekom. Die sterkste hiervan het 6,1 gemeet, met verskeie ligter skokke wat dit voorafgegaan het en weer op die grote gevolg het.

Die episentrum was 10 km onder die oppervlak, wat as vlak beskou word, en veroorsaak het dat verskeie geboue ineengestort het. Verskeie mense is beseer, en een persoon is aan ’n hartaanval dood.

Dit is dieselfde omgewing waar ’n skudding van 6,2 in Augustus die lewe van sowat 300 mense geëis het.

Foto: AP Photo/Gregorio Borgia

Foto: AP Photo/Gregorio Borgia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.