Nóg ʼn akteur beskuldig van verkragting

Ed Westwick (Foto: Instagram)

Die Amerikaanse akteur Ed Westwick is vandeesweek ook van verkragting en seksuele teistering beskuldig.

Westwick is bekend vir sy rol in die gewilde televisiereeks Gossip Girl.

Aurélie Wynn en Kristina Cohen – albei Amerikaanse aktrises – het die vinger dié week na Westwick gewys.

Dié beskuldigdes vorm deel van ʼn hele rits bekendes wat van seksuele teistering en verkragting beskuldig word wat onder andere Dustin Hoffman, James Toback, Brett Ratner, Harvey Weinstein, Kevin Spacey en Jeremy Piven insluit.

Cohen het Maandag in ʼn Facebook-inskrywing beweer dat Westwick haar drie jaar gelede in sy woonstel seksueel geteister het. Volgens die aktrise het sy en haar voormalige kêrel, ʼn rolprentvervaardiger, by die akteur gekuier toe die voorval plaasgevind het. Sy sê omdat Westwick en die vervaardiger tot laat gekuier het, het sy in ʼn spaarkamer gaan lê en aan die slaap geraak. Sy het volgens haar verklaring wakker geskrik terwyl die akteur haar betas het.

Wynn het in háár verklaring, wat baie soortgelyk is aan dié van Cohen, gesê sy was “magteloos” teen Westwick. Sy is glo deur ʼn vriendin na die akteur se woonstel genooi. “Ek het gesê ‘nee’ en toe druk hy my vas en ek was magteloos onder sy gewig. Ek het ʼn baaikostuum aangehad en hy het dit as’t ware van my afgeskeur,” het sy gesê.

Sy beweer ook die akteur Mark Salling, bekend vir sy rol in die televisiereeks Glee, het hul verhouding beëindig nadat sy hom van die verkragting vertel het. “Hy het die skuld op my gepak en toe die verhouding verbreek,” het sy gesê.

Wynn sê sy is deur vriende gemaan om tot nou toe stil te bly oor die verkragting.

Westwick het Cohen se aantygings ontken, maar nog nie ʼn verklaring vrygestel oor Wynn se aantygings nie. “Ek ken nie hierdie vrou nie. Ek het myself nog nooit op enige manier op enige vrou afgedwing nie. Ek het nog nooit iemand verkrag nie,” het hy gesê.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Callie ·

Goedkoop vrouens wat met die nuwe siek idees van die samelewing probeer naam maak. Hoekom sal vriende jou maan om stil te bly. Stop hierdie snert. Julle maak dit moeilik vir vroue wat regtig gemolesteer is.

Denise ·

Ai hoekom het sy nie gegil nie haar vriend was dan daar ???? Hoekom stil bly????

Bordkryt ·

Mens moet versigtig wees om nie jou balans the verloor nie . As mens teen verkeerde mense val is daar aanrandingsake of verkragtingsake op pad .

marianne ·

Kry Hollywood nie genoeg aandag nie of betaal die mense wat nou word ander om hul name swart te smeer. Sies man!!! Dis vieslik, dis baie moeilik om seksuele teistering te bewys.
Een as teister is ‘n ander se plesier….

Janine ·

Nee, kyk! Soos wat molestering en verkragting deesdae uitkruip..belaglik. Smaak my die poppies het nie naam gemaak as aktrises, en dis nou die laaste, patetiese, uitroep. Soms skaam ek my vir mense. Pft.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.