Nóg ‘n Amerikaanse verslaggewer onthoof

'n Lid van ISIS saam met die Amerikaanse verslaggewer, Steven Sotloff Foto: heavy.com

‘n Lid van ISIS saam met die Amerikaanse verslaggewer, Steven Sotloff Foto: heavy.com

‘n Video van James Foley se onthoofding volg onderaan die berig. Sotloff is aan die einde van die video saam met die lid van IS te sien. WAARSKUWING: Alhoewel die onthoofding nie gewys word nie, is die beeldmateriaal skokkend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.

IS-ekstremiste het Dinsdag ʼn video vrygestel waarin ʼn tweede Amerikaanse verslaggewer, Steven Sotloff, onthoof word.

Die ekstremiste waarsku die Amerikaanse president, Barack Obama, indien lugaanvalle op die militante groep sou voortduur, sal die “slagting op jongmense” ook voortduur.

Die video kom twee weke ná beeldmateriaal van die moord op die verslaggewer James Foley vrygestel is. Sotloff se ma het ʼn paar dae gelede om haar seun se lewe gepleit.

Barak Barfi, ʼn woordvoerder vir die Sotloff-familie, het bevestig die familie het die video gesien, maar owerhede het nog nie die egtheid daarvan bevestig nie. “Die familie rou in hul privaatheid,” het hy gesê. “Daar sal nie in hierdie stadium enige publieke kommentaar wees nie.”

Die 31-jarige Sotloff het vryskutwerk vir Time gewerk. Hy het in Augustus 2013 in Sirië verdwyn en is vir die eerste keer gesien toe die video van Foley vrygestel is. Hy kan heel aan die einde van die video gesien word waar een van die ekstremiste Obama waarsku.

Die IS dreig om nog ʼn gyselaar te vermoor. Die gyselaar is as David Cawthorne Haines van Brittanje bekend gemaak.

Hier volg die video van James Foley se onthoofding. Sotloff is aan die einde van die video saam met die lid van IS te sien. WAARSKUWING: Alhoewel die onthoofding nie gewys word nie, is die beeldmateriaal skokkend en nie geskik vir sensitiewe kykers nie.
http://youtu.be/vsrlgUqD70E

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.