Nóg ʼn Banksy-skildery vir miljoene opgeveil

Die Banksy-kunswerk ‘Girl with Balloon’, wat Vrydag opgeveil is. (Foto: Linda Abi Assi / AFP)

ʼn Weergawe van die bekende straatkunstenaar Banksy se “Girl with Balloon” is Vrydag vir meer as £3 miljoen (ongeveer R25 miljoen) op ʼn veiling deur die afslaer Christie’s verkoop.

Dit is verwag dat die skildery, wat ʼn meisie uitbeeld wat na ʼn ballon reik, vir tussen £2,5 miljoen en £3,5 miljoen sou verkoop. Die prent is in twee aparte rame uitgebeeld.

Dit kom ʼn dag nadat ʼn versnipperde werk van dieselfde kunstenaar ʼn rekordbedrag by Sotheby’s gehaal het.

Die versnipperde weergawe van “Girl with Balloon” het Donderdag meer as £18 miljoen (ongeveer R324 miljoen) op ʼn veiling gehaal. Dit is die grootste bedrag waarvoor ʼn skildery deur dié kunstenaar nog verkoop is.

Die skildery, wat nou “Love is in the Bin” heet, is in Oktober 2018 vir “net” £1,1 miljoen (meer as R17 miljoen) opgeveil, voor dit deur ʼn versnipperaar begin beweeg het wat in die raam verskuil was.

Talle weergawes van “Girl with Balloon” het reeds in gedrukte vorm en aanlyn verskyn, nadat dit aanvanklik in 2005 op ʼn muur in die ooste van Londen, Engeland, aangebring is. Dit is al deur die Britse pers as een van die “invloedrykste kunswerke van die 21ste eeu” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Shakespeare ·

Belaglik hoe die super rykes kan geld mors. As dit ek was het ek gaan kos koop en dit vir die armes uitgedeel.

Mieke ·

Die prentjie is seker nou nie niks werd nie, maar soveel miljoene rande is verseker verregaande! Mens sou daardie geld baie beter kan gebruik. Die wêreld se waardesisteem staan op sy kop!

JohanR ·

Koop liewer vir my ‘n Ferrari. Jy kan ten minste soe bietjie lekker met hom ry, instede om na twee plakkate op ‘n muur te kyk!

Carina ·

Kyk, as geldmors ‘n siekte was… DIs nou absoluut verby belaglik om so baie geld te mors op ‘n tekening wat ‘n 5jarige beter sou kon doen. Maar net omdat die kunstenaar kamstig bekend is (het self nog nooit van hom gehoor nie), nou is mal mense bereid om hul geld so te mors. Ek dink ek moet ook sulke simpel prentjies begin teken en verkoop. Dalk kan ek ook ryk word so. Vaderland, wat kon nie alles met daardie geld gedoen word nie?!

Boerseun007 ·

net belaglik!!! Hoeveel mense kon ons voed? dis n pret nie wat hang teen jou muur en as jy gaste het, brag jy net oor die bedrag wat jy spandeer het. asof jy vr jou gaste sê, julle klomp arm g*tte. Ja nee dit sal jou n plek in die hemel verseker ‘n prentjie teen jou muur maar mense vrek van die honger, maak geen sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.