Nóg ʼn country-legende sterf

Don Williams (Foto: Facebook)

Die legendariese Amerikaanse countrysanger Don Williams is Vrydagaand ná ʼn kort siekbed in sy huis in Alabama dood. Hy was 78.

Die sanger, wie se regte naam Donald Ray Williams is en wat ook bekendgestaan het as die “sagmoedige reus”, het sy formele sangloopbaan in 1971 begin en sedertdien 17 no.1-treffers opgelewer, soos “Amanda”, “You’re My Best Friend” en “I Believe in You”.

Williams het in 2010, ná ʼn suksesvolle loopbaan van sowat 40 jaar, ʼn plek in die Country Music Hall of Fame gekry. Hy het in 2016 afgetree.

Die nuus van sy dood volg kort ná die afsterwe van die Amerikaanse countrylegende Glen Campbell. Campbell is op 9 Augustus in die ouderdom van 81 in Nashville dood ná ʼn jarelange stryd met Alzheimer se siekte.

Don Williams (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Hartseer. Wanneer die sangers waarmee jy groot geword het so een na die ander groet, besef jy jou vlug is ook naby en dat dit begin tyd raak om in die ry te staan.

Bewonderaar ·

R.I V sagmoedige reus! Jy was my eerste kennismaking met Country! Ons gaan jou mis!

Boontjie ·

Luister nog elke dag na sy musiek, Maandag oggend wanneer “You’re my best friend” opkom gaan die trane rol.

Rupert Ashford ·

Ai. Sy “You’re my best friend” album was my eerste kennismaking met die feit dat mens musiek kon koop en huistoe bring toe my pa dit daar in die 70s gekoop het. RIV

pbotha ·

voorwaar n grote wat my baie genot verskaf het deur jare. Sy musiek leef voirt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.