
‘n Historiese gebou wat weens die eerste aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha
Die Amerikaanse sentrum vir geologiese opnames (USGS) het gesê die aardbewing het ’n magnitude van 7,4 gehad. Mense het uit hul huise gehardloop. Die polisie kon nie onmiddellik bevestig of sterftes of skade voorgekom het nie.
Die jongste aardbewing volg ná die verwoestende aardbewing op 25 April wat tot die dood van meer as 8 100 mense gelei het.
Klik hier vir alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
“Magnitude”? Weet nie regtig nie maar dink “omvang” sou beter wees en dan 7.4 op die Richterskaal of watter skaal gebruik word.