Nóg ʼn groot aardbewing ruk Nepal

'n Historiese gebou wat weens die eerste aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Historiese gebou wat weens die eerste aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

Nog ʼn groot aardbewing het Nepal Dinsdag naby die Chinese grens tussen die hoofstad Katmandoe en Everest getref.

Die Amerikaanse sentrum vir geologiese opnames (USGS) het gesê die aardbewing het ’n magnitude van 7,4 gehad. Mense het uit hul huise gehardloop. Die polisie kon nie onmiddellik bevestig of sterftes of skade voorgekom het nie.

Die jongste aardbewing volg ná die verwoestende aardbewing op 25 April wat tot die dood van meer as 8 100 mense gelei het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Nepal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

peet ·

“Magnitude”? Weet nie regtig nie maar dink “omvang” sou beter wees en dan 7.4 op die Richterskaal of watter skaal gebruik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.