Nóg ‘n IS-onthoofding

Abdul-Rahman Kassig, vroeër bekend as Peter Foto: Facebook

Abdul-Rahman Kassig, vroeër bekend as Peter Foto: Facebook

Die Wit Huis het bevestig dat ‘n video, wat toon hoe die IS die Amerikaanse hulpdienswerker, Peter Kassig, onthoof word, eg is.

Kassig (26), wat sedert sy bekering tot die Islam as Abdul-Rahman bekend staan, is ’n voormalige elite soldaat wat as hulpdienswerker in die ooste van Sirië werksaam was. Hy is volgens sy familie op 1 Oktober verlede jaar deur die IS ontvoer. Hy is oorspronklik van Indianapolis in Amerika.

Pres. Barack Obama het die moord veroordeel en sy meegevoel met die naasbestaandes uitgespreek. Hy het Kassig beskryf as iemand wat ’n onblusbare wil gehad het om die goeie te doen.

Kassig se ouers, Ed and Paula Kassig, het versoek dat die media nie die ontvoerders se video of skermskote uit die video sal versprei nie. “Ons verkies dat daar oor ons seun geskryf word en dat hy onthou word vir die persoon wat hy was en die belangrike werk wat hy gedoen het,” het hulle gesê.

Klik hier om meer oor Kassig te lees.

Jihadiste wat verbind word aan die Islamitiese Staat (IS), het sedert Augustus 2014 reeds vier video’s vrygestel waar persone onthoof word. Herve Gourdel (55), ʼn stapper van Nice in Frankryk, is in September ontvoer en onthoof. Twee Amerikaanse verslaggewers, James Foley en Steven Sotloff, en ‘n hulplenigingswerker van Engeland, David Haines, is vroeër deur IS onthoof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeutjie ·

Rus sag Peter! Jy is veilig in God se hande…. jou moordenaars se lewens gaan ook op aarde beeindig word en vreemd voel ek nie eers jammer vir hulle nie want dis nie mense nie, dis monsters wat satan se werk doen! Ek glo sy ouers het berus want so seun is ‘n ouer se trots en die feit dat hy bekeer het is ‘n GROOT troos!

Ania ·

Leeutjie, hy het bekeer tot die Islam, dus ‘n GROOT hartseer en beslis nie ‘n troos nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.