Nóg ʼn koninklike baba op pad

Die foto is deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem.  Foto: dukeandduchessofcambridge.org)

Die foto is deur John Stillwell tydens die “Sensational Butterflies”-uitstalling by die Museum van Natuurgeskiedenis in Londen geneem.
Foto: dukeandduchessofcambridge.org)

Prins William, die hertog van Cambridge, se vrou Kate, die hertogin van Cambridge, is swanger met die koninklike egpaar se tweede kind.

Die Britse koningshuis het die nuus bekend gemaak. “Die koningin [Elizabeth II] en familielede is verheug oor die nuus.”

Kate sukkel, soos met haar eerste swangerskap, met ʼn erge vorm van oggendnaarheid, bekend as hyperemesis gravidarum. “Die hertogin van Cambridge word deur dokters by Kensington-paleis behandel.”

Prins George, William en Kate se seun, het in Julie sy eerste verjaarsdag gevier. George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St. Mary’s-hospitaal gebore en het 3.8 kg geweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

veronica ·

Goeiste! Hulle laat glad nie gras onder hulle voete groei nie, ne?

Annamarie ·

Ag dis nou goeie nuus…… !! Prins George
lyk nes sy Pappa toe hy so klein was…te kostelik ! Hoop hul nuwe babatjie is ‘n ou dogtertjie.

PR mc Kay ·

Gaan hy as moslem of ook as jood grootgemaak word ? Sal nogal n kopskuif wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.