TV-kanale het mense gewaarsku om skuiling in geboue te soek. Treindienste op ʼn noordelike eiland is vlugtig gestaak terwyl veiligheidinspeksies gedoen is. Dit is die tweede keer in minder as ʼn maand dat Japan se noodwaarskuwingstelsel geaktiveer is.
Volgens berigte het die missiel oor Hokkaido getrek voor dit sowat 2 000 km verder in die Stille Oseaan te lande gekom het. Die missiel het glo 3 700 km deur die lug getrek en ʼn hoogte van 770 km bereik.
Dié mees onlangse missiel kom kort nadat Noord-Korea vir Japan en die VSA gedreig het. Dít nadat die Verenigde Nasies opnuut sanksies teen Kim Jong-oen se regering verskerp het. Tekstieluitvoer word nou geheel en al verbied terwyl daar ʼn beperking geplaas is op die invoer van ruolie.
Suid-Korea en Japan het intussen noodvergaderings rakende nasionale veiligheid versoek ná die afvuur van dié missiel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Nasies het vergeet hoe lyk ‘n wêreldoorlog. Lande moet nou saamstaan teen Noord Korea met hewige militêre maatreëls en sodoende verhoed dat ‘n kernarsenaal opgebou word.
Dit is maar uiters treurig van Japan se verdedigingstelsel dat tussen al die alarms deur hulle nie die missiel kon afskiet terwyl dit op die tog van 3 700 km deur hul lugruim getrek het nie – hoeveel keer gaan dit nog gebeur voordat hulle by Amerika en Israel gaan kers opsteek met die effektiewe teen scud missiel afweerstelsel?
Ek dink die 3de wêreld oorlog is om die draai!!!
Noord Korea is gevaarlik en dit wil duidelik voorkom dat hulle op oorlog uit is, n derde wereldoorlog kan op die loer le
En dan Rusland met Noord Korea , baie lelike dinge wat kan gebeur.
Is julle seker oor die hoogte? 770km? Dit oorskrei die vorige rekord hoogte vir ‘n Koreaanse missiel van 2,8km met ongeveer 667km?