Nog ʼn missiel oor Japan afgevuur

Foto: (Toshiyuki Kuwana/Kyodo News via AP)

Waarskuwings het oor Japan se sirenes weergalm nadat Noord-Korea ʼn missiel oor die land afgevuur het.

TV-kanale het mense gewaarsku om skuiling in geboue te soek. Treindienste op ʼn noordelike eiland is vlugtig gestaak terwyl veiligheidinspeksies gedoen is. Dit is die tweede keer in minder as ʼn maand dat Japan se noodwaarskuwingstelsel geaktiveer is.

Volgens berigte het die missiel oor Hokkaido getrek voor dit sowat 2 000 km verder in die Stille Oseaan te lande gekom het. Die missiel het glo 3 700 km deur die lug getrek en ʼn hoogte van 770 km bereik.

Dié mees onlangse missiel kom kort nadat Noord-Korea vir Japan en die VSA gedreig het. Dít nadat die Verenigde Nasies opnuut sanksies teen Kim Jong-oen se regering verskerp het. Tekstieluitvoer word nou geheel en al verbied terwyl daar ʼn beperking geplaas is op die invoer van ruolie.

Suid-Korea en Japan het intussen noodvergaderings rakende nasionale veiligheid versoek ná die afvuur van dié missiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

HPV ·

Nasies het vergeet hoe lyk ‘n wêreldoorlog. Lande moet nou saamstaan teen Noord Korea met hewige militêre maatreëls en sodoende verhoed dat ‘n kernarsenaal opgebou word.

Justice ·

Dit is maar uiters treurig van Japan se verdedigingstelsel dat tussen al die alarms deur hulle nie die missiel kon afskiet terwyl dit op die tog van 3 700 km deur hul lugruim getrek het nie – hoeveel keer gaan dit nog gebeur voordat hulle by Amerika en Israel gaan kers opsteek met die effektiewe teen scud missiel afweerstelsel?

johnny_walker ·

jy het seker nie opgelet in die geskiedenis klas nie , Japan is na die tweede wereld oorlog ontwapen en die sisteem is nog in werking

Karma ·

@anton – jip, ek stem saam. Rusland is ook intussen besig om sy vere reg te skud met sg. “klein’ militêre oefeninge Belarus, o.m. Ek wonder wat SA se ‘useless’ weermag gaan doen as dinge nou regtig sleg raak ………

Chevy ·

Noord Korea is gevaarlik en dit wil duidelik voorkom dat hulle op oorlog uit is, n derde wereldoorlog kan op die loer le
En dan Rusland met Noord Korea , baie lelike dinge wat kan gebeur.

Jan Nel ·

Is julle seker oor die hoogte? 770km? Dit oorskrei die vorige rekord hoogte vir ‘n Koreaanse missiel van 2,8km met ongeveer 667km?

Robert ·

Dan moes hy in die buitenste ruimte gewees het. Wie se lug ruimte is dan geskend?

Chris ·

Ek stem saam, Iets klink nie reg tov die hoogte nie 77km?. Wikipedia “Exosphere: 700 to 10,000 km (440 to 6,200 miles) Thermosphere: 80 to 700 km (50 to 440 miles) Mesosphere: 50 to 80 km (31 to 50 miles) Stratosphere: 12 to 50 km (7 to 31 miles)

Marinda Bakkes ·

Ek sal eerder se einde van die wereld le om die draai…

fm ·

Hierdie land met sy klandestiene psige, afsondering en geheimsinnige praktyke is ‘n ernstige bedreiging vir wêreldvrede. Massa psigotiese versteurings veroorsaak ernstige probleme op groot skaal. ‘n Mens kan nie vir lang periodes blootgestel word aan dinge wat nie logies sin maak nie soos in hierdie geval waar die hele bevolking van ‘n hele land daagliks gebreinspoel word om onsinnighede te glo waar logika en redelikheid nie bestaan nie. ‘n Kernoorlog is vernietigend en Noord-Korea is besig om op ‘n waansinnige wyse oorlog te bevorder met rampspoedige gevolge vir almal. Die geskiedenis herhaal homself met die vele oorloë van die verlede waaronder reeds twee wêreloorloë.

Chris Noordkus ·

Karma , moet aub nie veralgemeen nie daar is mense wat hulself baie goed van hul taak kwyt lees gerus ”Defence web” dan sal jy weet wat in die SA Weermag aangaan

anton ·

Chris, moet asb. nie alles glo wat jy lees nie.
Ons weermag, en gaan vra maar die mense wat weet, is so pateties, selfs Lesotho se weermag sal ons pakslae gee.

Ashlee ·

Maroela is heel reg en duidelik oor missiel se hoogte. Vorige missiel in Julie het n hoogte van 2,700 km bereik. Doen gerus navorsing en let op hoe hoog kan so n missiel gelanseer word.

Jan Nel ·

2700km? Waar lees jy dit Ashlee? Ek is nie ‘n “rocket scientist” nie, maar volgens my inligting was die Julie missiel ongeveer 2700m of te wel 2,7 km.

Jan Nel ·

Jammer, ook aan Maroela – ek laat my kop in skaamte sak, van die bronne sê wraggies 2802km – Ek bly dan maar weg van rocket science af. Nietemin ongelooflik.

DW ·

n Voorskool se koor sal die weermag pak gee
GO Noord Korea !!!
Hulle skrik nie vir papbroek politieke gemors nie !

Vermeende ·

Noord Koria is n taai toffie om te kou, sonder Rusland en China gaan die weste nie regkom nie. NK het olie vooraad vir n jaar in reserwes.
As die weste enigsins wil hond haaraf maak dan sal hulle oornag eerste moet slaan en hard slaan om NK te neutraliseer. Dit is die weste se eerste opsie, die tweede is om NK te los en te bid vir n diplomatieke oplossing en almal weet, NK is nie regtig diplomaties nie.
NK se kernwapens dra nie vir my veel bedryging nie want hulle is 60+ agter op die gebied, waar hulle gevaar le is gifgas bomme.

Ek sal eerder se WW3 is reeds aan die gang, dit het begin met finansiele oorlogvoering wat nog aan die gang is en moontlik binne 1 jaar warm kan raak.

Lizette ·

So niemand is geraak of dood nie? Hulle toets dalk maar net. Is nou nie ‘n Rocket Scientist nie, maar het hulle toe die woestyn getref> :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.