Nóg ʼn skietery by Florida-nagklub

Polisie by die nagklub. Foto: Via @airnewsalerts op Twitter

Polisie by die nagklub. Foto: Via @airnewsalerts op Twitter

Minstens twee mense is dood en 17 beseer in ʼn skietery by ʼn nagklub in Florida in die VSA.

Volgens die plaaslike uitsaaier, WINK, het die voorval Maandag in die vroeë oggendure by ʼn nagklub in Fort Myers plaasgevind.

Na wat berig word, is nagenoeg 30 skote tydens ʼn partytjie vir tieners afgevuur.

Die skietery volg op ʼn dodelike terreuraanval op 12 Junie by ʼn nagklub in Orlando, Florida, waarin minstens 50 mense dood en 53 beseer is.

WINK berig ʼn groot polisieteenwoordigheid is op die toneel. Owerhede het nog nie ʼn amptelike verklaring vrygestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.