Nog ʼn skietvoorval by Amerikaanse universiteit

Studente troos mekaar buite die ongevalle-afdeling van 'n hospitaal in Flagstaff, Arizona. Foto: ANA-AP

Studente troos mekaar buite die ongevalle-afdeling van ‘n hospitaal in Flagstaff, Arizona. Foto: ANA-AP

ʼn Rusie tussen twee groepe studente het Vrydag op die kampus van die Northern Arizona University in die VSA in ʼn skietgeveg ontaard waarin een student doodgeskiet en drie gewond is.

Steven Jones, ʼn 18-jarige eerstejaar, het aan die polisie gesê hy het op ʼn groep studente geskiet nadat hulle hom in die gesig geslaan en gejaag het. Hy het ook gesê hy het probeer om noodhulp op een van die slagoffers toe te pas.

Die staatsaanklaers het gesê Jones se verklaring het duidelik getoon dat hy die aggressor was. “Daar is geen aanduiding van selfverdediging nie,” het Ammon Barker, die plaaslike staatsaanklaer, gesê. “[Jones] het hom aan die bakleiery onttrek, ʼn vuurwapen [in sy motor] gaan haal en na die geveg teruggekeer.’’

Die skietery het glo in ʼn parkeerterrein buite een van die koshuise op die Flagstaff-kampus gebeur. Verskeie mense het histeries die polisie gebel om die skietery aan te meld. Die slagoffers was almal lede van die Delta Chi-koshuis, terwyl Jones ʼn eerstejaar-aansoeker vir die Sigma Chi-koshuis was. Dit is nie duidelik hoe die bakleiery ontstaan het nie.

Colin Brough is doodgeskiet, terwyl Nicholas Prato, Kyle Zientek en Nicholas Piring gewond is. Brough is in die bors en skouer geskiet. Jones is intussen in sy ouers se sorg vrygelaat.

Hierdie skietvoorval kom net meer as ʼn week nadat nege mense dood en talle gewond is nadat ʼn 26-jarige man op ʼn groep studente op ʼn kollege-kampus in Oregon losgebrand het. President Barack Obama het ná die voorval op ʼn nuuskonferensie gevra dat die land se vuurwapen-beheermaatreëls hersien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene ·

Jammer om te se daar is te veel boelies
in skoke univ en kolkeges dit sal nie gebeur as daar 3 boelies is wat en persoon tyter nie

Johannes Meintjes ·

Lettende op die toebemende geneightheid tot om onder groepe mense of gesinne te skiet, in die VSA en SA, is my beskeie vraag wat het met die morlaiteit van die mensdom en samelewing verkeerd geloop vanuit die opvoeding in ouerhuise, die kerk, die voorbeeld van die staat en persoonlike integriteit? Die krisis is nie by wettige vuurwapens of wettige motorvoertuie nie, maar by die gedrag van die mens wat dit met verantwoordelikheid moet hanteer.

Hendrik van Rensburg ·

Tien uit tien Johannes. ‘n Bewys van die ongelooflike korrupte brein-dood politici, is dat hulle gereeld die wereld wil wys maak dat dit die vuurwapens is wat mense doodmaak. Deur dit te verban, bewapen hulle die kriminele en ontwapen die wet gehoorsame mense. Plaas doen hulle iets aan die morele verval van ‘n verrotte samelewing. Kinders het toegang tot “speletjies – games” wat so geweldadig is dat dit vir meeste volwassenes walglik is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.