Nóg ’n slag vir Trump, dié keer in Pennsylvania

Donald Trump vroeër vanjaar in Pennsylvania. (Foto: Brendan Smialowski / AFP)

’n Regter in die Amerikaanse deelstaat Pennsylvania het Donald Trump se hofaansoek om miljoene stemme wat in die pas afgelope verkiesing in dié deelstaat uitgebring is ongeldig te verklaar, Saterdag van die hand gewys.

Regter Matthew Brann het in sy uitspraak gesê dat Trump se span “regsargumente sonder meriete en spekulatiewe beskuldigings” in hul aansoek aangebied het.

“Dit [die argumente] bring nie die regte van ʼn enkele kieser in gedrang nie, wat nog te sê van al die kiesers van die staat met die sesde grootste bevolking. Ons mense, wette en instellings vereis meer,” lui die uitspraak.

Die Trump-span het verskeie hofsake aanhangig gemaak om die uitslag van die afgelope verkiesing te betwis in die lig van bewerings oor grootskaalse verkiesingsbedrog.

Die uitspraak in Pennsylvania volg enkele ure nadat die Republikeine in ’n brief uitstel in die bevestiging van verkiesingsuitslae in Michigan aangevra het. Aangewese president Joe Biden het met 155 000 stemme in Michigan gewen.

Daar word Maandag vergader om die verkiesingsuitslae te bevestig.

Die Republikeine vra egter nou vir twee weke se uitstel om ʼn volledige oudit van die resultate in Wayne County, die grootste in Michigan, te doen.

Maroela Media het vroeër berig die deelstaat Georgia het vandeesweek alle stemme wat in die pas afgelope verkiesing uitgebring is per hand oorgetel en die uitslag bevestig weer eens Biden se oorwinning in dié deelstaat.

Biden het in die verkiesing meer as ses miljoen stemme meer as Trump gekry. Daarby het Biden ook meer as die 270 stemme wat die kieskollege vereis op hom verenig om die stryd te wen.

Die Demokratiese presidentskandidaat het boonop vyf deelstate geswaai wat tydens die vorige verkiesing vir Trump gestem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Die hof se uitspraak wys duidellik dat samesweringsteorie en spekulatiewe beskuldigings nie as feite in ‘n hof kan gebruik word nie. Alle howe reg oor die wereld soek feite. Koue feite, dis al wat tel.

Friedrich ·

Maar hy is Donald Trump, NIEMAND mag vir Hom nee sêof sê “Your Fired” nie. ????????

Adriaan ·

Die regter is n Obama aanstelling en die feit dat hy Pres Trump se aansoek van die hand gewys het, beteken doodeenvoudig dat die aansoek aan n hoëre hof gerig gaan word.

A ·

Die regter, Matthew Brann, was ‘n Republikein en deel van Federalist Society, ‘n konserwatiewe wetlike groep.

A ·

Elke dag wat verby gaan word Trump en sy ondersteuners (die trompoppies) se voorneme stadig maar seker geërodeer.

Al kaart wat hulle kan speel is om Maroela daarvan te beskuldig dat hulle “Linkse MSM globaliste” is. Al is die artikel van AFP, wat net die feite rapporteer.

Vreemd hoe realiteit deesdae ‘n linkste bevooroordeeld het.

Keelvol ·

Demokrate verkose presidente het nie n goeie trekrekord nie. Hulle presidensie gevolg gewoonlik n seks skanaal. Thomas Jefferson, bill Clinton & jfk. Obama het sy eie mense in bengazi aan hulle eie genade oorgelaat. Johnson het oor n aanval gejok sodat hy vietnam kon aanval. Dis die feite wat links gesindes maar te gerus ignoreer. Die media het geen geloofwaardigheid nie.

Jacobus ·

Gegewe die feite kon die hof nie anders besluit het nie. As die stelsel korrup is – dit kan n hof nie oor beslis nie. Ook gegewe die kriminaliteit van n groot deel van Dems ondersteun deur die mees belaglike HSM is die uitspraak ook nie verbasend nie. Al wat mens kan sê is God help America.

Friedrich ·

Ag asseblief. Trump is net suur omdat hy in die geskiedenis gaan af gaan as die 2e een termyn president.

Piet ·

Dis ook net sy ondersteuners wat sy ongegronde bewerings soos soetkoek opeet. Trompetter is ‘n verleentheid vir sy ondersteuners en homself en ‘n grap vir die res van die wereld. Hulle sal hom nog met geweld uit die Withuis ook moet verwyder soos die EFFers uit die parlement verwyder word. Skande.

twaalfboor ·

Piet gaan kyk na Biden se verlede dan vertel jy ons wie is ń verleentheid.

Chris ·

Ek stem saam jou ek het lankal gese hy is n verleentheid vir Amerika.

groenboer ·

In die ganse geskiedenis van Amerika se demokrasie het ‘n verskiesing seker nog nooit so ‘n swak en grasielose verloorder opgelewer nie.

Piet ·

Beslis ‘n eerste vir ‘n Amerikaanse president. Trump wants to make Trump great again.

Human ·

Dit is `n koue feit dat Trump sy agterent gesien het en dit nie wil of kan aanvaar.

Grassie ·

Dit is duidelik dat Trump die verkiesing verloor het, of daar nou knoeiery was of nie. Die beste wat hy kan doen is om nou op waardige wyse terug te staan anders gaan baie mense hul respek vir hom verloor.

Mieke ·

Mens weet nie meer watter nuus waar is en watter nuus onwaar is! Ons sal maar moet wag totdat die nuwe president wetlik bekend gemaak word.

Theresa ·

Die Amerikaners het teen Trump gestem, nie so seer teen die Republikeinse party nie. Gaan kyk maar na die senaat en huis se uitslag. Trump is die oorsaak van sy eie ondergang.

Piet ·

Die demokrate het steeds amper meer as 6 miljoen stemme by die stembus gekry. Vorige verkiesing het hulle ook meer stemme gekry. Trump is net aan bewind weens Amerika se “vreemde” kiesstelsel. In alle ander lande sou hy NIE eers president geword het nie.

Tanya ·

Geen kommer… Hierdie is net een stappie nader aan die Amerikaanse Hooggeregshof.

Keelvol ·

Dis ironies hoe die links gesinde kommentaar hier lewer sonder om navorsing oor Biden te gaan doen. Biden is anc/eff goed gesind. Hy is anti-Afrikaner. Hy het dit self so gese in 1986. Dis die demokrate, soos Biden wat blm ondersteun. Die media gee net eensydige beriggewing. Nooit die feite van n saak nie. Bracken fell is case in point.

Piet ·

Kyk, as jy vir jouself aanmekaar se ek het gewen dan het jy seker (vir jouself) gewen al het jy eintlik verloor. Narsisties.

Johan ·

Iemand het eenkeer gesê dat dit nie die kandidaat wat die meeste stemme verwerf is wat as wenner aangekondig sal word nie, …. maar die besluit van die persone wat die stemme tel wie hul wil hê moet wen!!

Arctic ·

Ai, mense is oningelig… Niemand het verwag die laer hof gaan dit aanvaar nue, en daar is nog nie ‘n volledige saak voorberei nie. Dis net die eerste, nodige stap om die bal aan die rol te kry. Intussen word die saak voorberei en reggemaak om uiteindelik voor die appèlhof te dien… En die 6 miljoen meerderheid is juis deel van die probleem, want dis nie fisies moontlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.