Nog ʼn WB-wedstryd dalk gekanselleer oor tifoon

Namibiê tydens ‘n oefensessie in die reën. Foto: (Kyodo News via AP)

Die Kanadese en Namibiese rugbyspanne is meegedeel dat hul wedstryd in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan moontlik gekanselleer kan word nadat tifoon Hagibis die gebied suidwes van Tokio getref het.

Kanada en Namibië is veronderstel om Sondag die eerste van vier wedstryde te speel. Die wedstryd is geskeduleer vir 05:15 (Suid-Afrikaanse tyd) in die Kamaisji-stadion aan die noordooskus van Japan se hoofeiland.

Organiseerders sal Sondagoggend die toestande inspekteer voordat daar ʼn besluit geneem word oor die dag se wedstryde. Die ander wedstryde is dié van die VSA teen Tonga, Wallis teen Uruguay en Japan teen Skotland. Saterdag se wedstryde tussen Nieu-Seeland en Italië en Engeland en Frankryk is reeds vroeër die week gekanselleer. Dit is die eerste keer dat Wêreldbeker-wedstryde gekanselleer word.

Foto: (AP Photo/Christophe Ena)

Swaar reën en sterk wind het Tokio en omliggende gebiede Saterdag geteister nadat tifoon Hagibis, wat na verwagting die ergste in ses dekades gaan wees, die land bereik het. Strate en treinstasies was verlate en talle winkels se rakke leeg nadat mense ekstra voorraad gekoop het in afwagting van die tifoon.

ʼn Aardbewing van 5,3 het in die see naby Tokio plaasgevind voordat die tifoon die land bereik het. Die aardbewing het op ʼn diepte van 59 km voorgekom en dit is nog nie duidelik watter skade dit aangerig het nie.

“Wees gereed vir reënval wat julle nog nie ervaar het nie,” het Yasushi Kajihara van die meteorologiese agentskap gesê. Kajihara het gesê mense wat naby riviere woon, moet skuiling op die tweede verdieping of hoër van enige stewige gebou soek as ʼn amptelik aangewese ontruimingsentrum nie maklik toeganklik is nie. Hy het ook die vrees uitgespreek dat daar in sommige gebiede al rampe kon plaasvind.

Foto: (Katsuya Miyagawa/Kyodo News via AP)

ʼn Tornado het Saterdag in Chiba voorgekom en ʼn motor in Ichihara omgewaai. ʼn Man wat in die motor was, is dood en nog vyf mense is beseer toe die tornado deur hul huis beweeg het.

Die swaar reën het riviere laat afkom, bote laat omslaan en rowwe seetoestande tot gevolg gehad. Talle buurte is oorstroom. Die owerhede het intussen ook gewaarsku van die moontlikheid van modderstortings.

Die All Nippon- en Japan-lugredery het meeste van hul plaaslike en internasionale vlugte van die Tokio-, Osaka- en Ngaoya-lughawe gekanselleer. Die sneltreindienste tussen Tokio en Osaka is ook gekanselleer, behalwe vir verskeie vroeë treine wat Nagoya en Osaka verbind. Disneyland in Tokio is ook gesluit.

Sowat 17 000 polisielede en millitere troepe is op gereedheidsgrondslag geplaas. ʼn Tifoon wat Tokio in 1958 getref het, het tot die dood van meer as 1 200 mense gelei.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nou ja ·

Baie mense het gekla die kant toe en daai kant toe om so wedstryd se kanselleer. Totdat so natuur gebeurtenis gebeur en dan verander mense se persepsie baie vinnig net na “oorlewing” toe. Man moet soms seker net bietjie verder en realisties dink

Sarie ·

Daar staan jy mag geen afgode voor my aangesig he nie rugby het n afgod geword rugby kan mos die land en wereld red ha ha

Nou ja toe ·

… soos om die toernooi buite die tifoon seisoen te skeduleer?

Vra net ·

Die meeste MM lesers sal seker die ANC daarvoor ook blameer. Seker hul plan. Seker een of ander geheime plan waarvan niemand weet nie om te verseker dat die Bokke wen of verloor en dan blah blah blah…

Lomea Heyns ·

Satie jy is nie ver van verkeerd nie… daar staan julle sal afgode maak van diere… dink bietjie hoeveel rugby spanne in SA is vernoem na diere. Die mens moet God begin raaksien in Sy werke!
Hy is meer Almagtig as die hele heelal!!

Antwoord net ·

Glad nie ou Swanna. Net moeg vir die oorgrote meerderheid wat hier kommentaar lewer en altyd kla, blameer en glo alles is een of ander ‘conspiracy theory’ van die regering. Mense wat glo alle swartmense is teen witmense, terwyl die wat kommentaar lewer heel duidelik rassisties is. En dan ook vreeslik Christelik… Maak my siek! Christenskap en rassisme kan nie vereenselwig word nie. Kan ons nie maar begin hande vat nie? Met ALMAL in ons land?

Zombie ·

Verstaan glad nie waarvan jy praat nie Vra net. Mense sterf en jy is so onsensitief. Het ‘n tifoon jou denke getref, vra ek ook maar net?

Sê ook maar net ·

Ja en ook die ANC blameer oor die tifoon! Wats volgende klakouse?

GRIET ·

Sjoe, dis verskriklik tragies om die natuurramp te aanskou…!! BAIE STERKTE aan almal hierdeur geraak! En hoe bevoorreg is ons in pragtige Sa, om sulke goed Gespaar te wees

Oujongvrou ·

En ons sit op hierdie oomblik en kyk dieF1 qualifying wat 3 uur vanmore opgeneem is. Hoe werk dit

Franje ·

Sarie en Lomea….
Julle sienings stel n liefdevolle God in n baie slegte lig. Dis ok om passievol te wees oor iets.

Kaaskop ·

My dogter is in Tokyo vir die rugby en die tifoon was toe blykbaar nie so erg nie. Dit was 3 uur gistermiddag sa tyd op sy hewigste, 65 knope wind en glad nie baie reen nie. Daar was mense wat kans gesien het om met hul motors te ry in die woeste wind. Nou is alles weer terug na normaal. Dus ek verstaan nie waarom die wedstryde vandag afgelas is nie.

Attie. ·

Ek sien net fotos van geboue wat ineenstort en woeste skade oraloor in Japan en dan vertel Kaaskop nou dat alles oor is en die was glad nie so erg nie. Media kan darem alles vererger net om hul nuus te verkoop.

Jacques die Goodwoodianer ·

Vir sport is dit teleurstellend dat die wedstryde gekanselleer is (om dit aan te skuif sal ñ logistieke nagmerrie wees) maar mense se veiligheid is prioriteit en daarom die hoofrede vir die raad se besluit.

DS ·

Kaaskop daar is mense dood maar volgens jou was dit nie so erg nie. Mense soos jy is gevoelloos. Al was daar net 1 mens dood dan is dit volgens my ‘n tragedie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.