Nog olie in Namibië ontdek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Namibië het Maandag aangekondig dat nog olie aan dié land se suidkus ontdek is – die derde vonds in ’n jaar.

Verdere werk sal nou gedoen word om die gehalte en grootte van die reservoir te bepaal wat diep onder die water sowat 270 km van die kus geleë is.

“Ons is verheug om hierdie derde olie-ontdekking aan te kondig,” het die staatsbeheerde oliefirma, Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), gesê.

“Hierdie ontdekking het die opwindende wêreldklaspotensiaal van eksplorasie aan die Oranjebekken bewys. Dit is ’n geologiese getuienis van die beduidende koolwaterstofpotensiaal in die diep water.”

Dit is die tweede vonds wat gemaak is sedert Shell, QatarEnergy en Namcor in Februarie verlede jaar hande gevat het in die soeke na olie.

Shell en QatarEnergy hou elk ’n belang van 45% in die vennootskap en Namcor 10%.

Frankryk se TotalEnergies het ook ’n olie-ontdekking aangekondig.

Namibië produseer tans geen fossielbrandstowwe nie, hoewel sy noordelike buurland Angola ’n groot produsent is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henry ·

as hulle aan ons kus ook soek vir olie sal hulle hier ook kry. maar daar is te veel teenstand

Manie ·

Maak net seker dat Namibia ‘n ordentlike gedeelte van die opbrengs ontvang en dat buitelandse maatskappye julle nie stoop nie.

annie ·

Waaroor is Namibië verheug? Shell en Quatar hou 90% van die belang. Shell is die ‘oil pirate’ van die wêreld. Hy sal binnekort weer langs ons kuslyn sy blink skulpies strooi vir Mantashe om voor te val. Ons destydse weermag het namens die VSA Angola se oliebronne opgepas en Jonas Savimbi op sy troon gehou. Vele SA troepies het hul lewe opgeoffer in die proses.

Hendrik ·

Maak nie wat se ondekkings gebeur in en om ZA want alles gaan opgeslurp word deur die klomp diewe aan bewind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.