Nóg ʼn reuse-Christusbeeld vir Brasilië

Die nuwe Christus die Beskermer beeld in Rio Grande do Sul. (Foto: Silvio Avila/AFP)

ʼn Kop en uitgestrekte arms is verlede week by die nuwe Christusbeeld wat in die suide van Brasilië gebou word, gevoeg. Dié beeld gaan glo groter wees as die alombekende Christus die Verlosser-standbeeld wat oor Rio de Janeiro uitkyk.

Die nuwe standbeeld, wat Christus die Beskermer genoem gaan word, is sedert 2019 in die stad Encantado in die provinsie van Rio Grande do Sul in aanbou.

Volgens die Vriende van Christus-vereniging, wat die werk aan die nuwe beeld koördineer, sal die monument na verwagting teen die einde van hierdie jaar voltooi word.

“Dit gaan ʼn dag van feesviering en toewyding wees,” het Gilson Conzatti, plaaslike raadslid en seun van Adroaldo Conzatti, die politikus wat die idee bedink het, gesê. Adroaldo, wat die stad se burgemeester was, is in Maart dood weens Covid-19-verwante komplikasies.

Die beeld gaan glo groter wees as die Christus die Verlosser-standbeeld in Rio. (Foto: Silvio Avila/AFP)

Die standbeeld sal van hand tot hand 36 m breed wees en met sy voetstuk ingesluit 43 m hoog. Nadat dit voltooi is, sal dit een van die wêreld se hoogste standbeelde van Christus met uitgestrekte arms wees. Die Christusbeeld in Rio de Janeiro is met sy voetstuk ingesluit 38 m hoog en van hand tot hand 28 m breed.

Daar gaan ook ʼn hysbak binne die Christus die Beskermer-beeld wees wat besoekers na ʼn uitkykpunt naby die bokant vervoer.

Volgens die Vriende van Christus-vereniging word die projek deur vrywilligers gefinansier. Die koste verbonde aan dié projek beloop reeds $350 000 (meer as R5 miljoen).

“Ons hoop dat die beeld geloof in ongelowiges sal wek, asook toerisme in die gebied bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Misky ·

Ek dink dit is baie mooi en geseend sal julle wees. In SA bou hulle brons beelde van terroriste…. dalk hoekom ons land in die toestand is wat dit is

Genis ·

Beslis..terries wat bomme geplant het… niks beteken het vir die land..

Rosie ·

Exodus 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Johan ·

Ek dink darem nie hul aanbid die beeld nie. Net jammer dit lyk nie eintlik na Jesus se gesig nie, (nie dat dit saakmaak nie). Eks ook bly dit is die opgestaande Heer en nie die katolieke se uitbeeldings nie.

Fedup ·

Just amazing.

Wonder if bag of rocks can see it from the white house window?

Stof ·

Ek loof sommer luiddrigtig, as ek sien hoe word ons Verlosser verëer. Mag hulle wat hierdie inisiatief van die grond af gebring het, eerstehands Vader se seën en guns ontvang.

Althes ·

Vir my is dit ñ baie mooi gebaar om die Verlosser so erkenning te gee.

Rudolph ·

Ek wonder of dit van hulle beter ‘Christene’ gaan maak. Toe ek laas gekyk het net ek die indruk gekry dat hulle net soos Suid-Afrika eerder bekend vir hulle Christeloosheid as hulle Christenskap of mis ek iets?

Wat op dees Aarde ·

Jy mag vir jou geen gesnede beeld of gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Exodus 20:4

So moet daar gejuig word of verbreek hulle verbode?

pokkel ·

Bou reuse beeld in land met heelwat armoede en “slums”

Lourens CFG ·

A.g.v. dwelm kartels en korrupte regerings amptenare. Al waar werk te kry is, is in die kartels.

Boon ·

Die Here sê hy soek nie offers en eerbewyse nie, maar liefde, regsinnigheid , geregtigheid, deernis, genade, vreugde, vrede, verdraagsaamheid, gasvryheid, meelewendheid, vergifnis, versoening in hulle harte. Maar geen beelde nie, want alle mense is na sy beeld geskape en alle gelowige is beelde van Hom, want It is onvoorwaardelike Liefde.

Carina ·

Dis verregaande. Die miljoene kon beter bestee geword het op ontwikkelings programme en die bekamping van armoede.

Foefie ·

Wat n vermorsing van geld. As hulle die Evangelie wil uitdra, lei dissipels op en stuur hulle die wêreld in. Christus bly in elk geval in ons harte; hy hoef nie as n standbeeld aanbid te word op n afstand nie.

Yvonne ·

In U Woord Here word U duidelik uitgebeeld as die Groot Almagtige God die Alfa en die Omega die EEN wat weer gaan kom….ek sien dit in my gees..en dit is vir my genoeg…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.