Vier mense is dood en nege gewond nadat Russiese valskermsoldate Woensdag op Oekraïne se tweede grootste stad toegesak en ’n string aanvalle geloods het.
“Russiese lugtroepe het in Kharkiv geland… en ʼn plaaslike hospitaal aangeval,” lui ’n verklaring van die Oekraïense weermag op Telegram.
“Daar is ʼn voortdurende geveg tussen die indringers en die Oekraïners,” sê Anton Gerashchenko, ʼn raadgewer van Oekraïne se minister van binnelandse sake, in die verklaring.
Dit is die sewende dag van konflik sedert Russiese troepe Oekraïne verlede week binnegeval het en volgens Gerashchenko is daar nie ’n enkele gebied in Kharkiv oor wat nog nié deur artillerie gebombardeer is nie.
Ooggetuies kan hiervan getuig en vertel van skade aan sekuriteit-, polisie- en universiteitsgeboue in dié grootliks Russiessprekende stad naby die Russiese grens. Die stad het ’n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen.
Igor Konasjenkof, woordvoerder van die Russiese ministerie van verdediging, het intussen gesê Russiese magte is in “volle beheer” van Cherson, ʼn stad met ʼn bevolking van 290 000 mense.
Konasjenkof sê openbare dienste en vervoer gaan voort soos normaal. “Die stad ervaar nie tekorte aan voedsel en noodsaaklike goedere nie.”
Volgens hom is samesprekings aan die gang tussen die Russiese weermag en plaaslike owerhede oor die handhawing van orde, die beskerming van die bevolking en die behoud van openbare dienste.
Inligting van Cherson se burgemeester, Igor Kolykhaiev, stem egter nie hiermee ooreen nie.
Kolykhaiev sê hy moet ʼn manier vind om “die dooies bymekaar te maak” en “elektrisiteit, gas, water en verwarming te herstel waar dit beskadig is”.
“Ons is steeds Oekraïne. Steeds ferm,” verseker Kolykhaiev.
Byna 836 000 mense het nou as gevolg van die konflik in Oekraïne gevlug.
More photos from Kharkiv city center, where a rocket strike killed and injured Ukrainians in the local administration building. More than 10 people were found under the rubbles. It should we considered a war crime by Russia. @RepBrianFitz @David_Cameron @CondoleezzaRice pic.twitter.com/Ig3kxFCBH1
— Anna Purtova (@Purtova_aa) March 1, 2022
Today is a sad day for Kharkiv. 10 people were killed and dozens injured after Russian missile stroke the city council building in the central square. No military was stationed there, just civilians and municipal workers. Closing the airspace would have prevented the tragedy! pic.twitter.com/MPIIO7MxuW
— Anna Purtova (@Purtova_aa) March 1, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
54 Kommentare
Ja. Solank hulle net by die Geneefse Konfensie hou, kan hulle maar verwoes en vermoor soos hulle wil!
Wat bereik die Russiese boewe deur alles te vernietg???
Hier kom n 3de wereld oorlog. Siener van Rensburg het dit voorspel.
Die russiese soldate voer maar net bevele uit en is nie noodwendig fanatiese kommuniste nie net so ook Duitse soldate in die W/W 2 nie almal nazis was nie.Wat vir my eensydig is dat dokumentere films altyd die Duitsers as nazis en oorlogmisdadigers voorstel.
Die russe is niks anders as slangsleepsels nie. Net muise maak oorlog teen vrouens en kinders en vsl hospitale aan. Uitvaagsels !!!