Nóg sterftes ná Russiese valskermsoldate toesak

Skade aan die strate van Kharkiv. (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Vier mense is dood en nege gewond nadat Russiese valskermsoldate Woensdag op Oekraïne se tweede grootste stad toegesak en ’n string aanvalle geloods het.

“Russiese lugtroepe het in Kharkiv geland… en ʼn plaaslike hospitaal aangeval,” lui ’n verklaring van die Oekraïense weermag op Telegram.

“Daar is ʼn voortdurende geveg tussen die indringers en die Oekraïners,” sê Anton Gerashchenko, ʼn raadgewer van Oekraïne se minister van binnelandse sake, in die verklaring.

Dit is die sewende dag van konflik sedert Russiese troepe Oekraïne verlede week binnegeval het en volgens Gerashchenko is daar nie ’n enkele gebied in Kharkiv oor wat nog nié deur artillerie gebombardeer is nie.

Ooggetuies kan hiervan getuig en vertel van skade aan sekuriteit-, polisie- en universiteitsgeboue in dié grootliks Russiessprekende stad naby die Russiese grens. Die stad het ’n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen.

Skade aan ‘n gebou van die Karazin Kharkiv-universiteit in Kharkiv. (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Igor Konasjenkof, woordvoerder van die Russiese ministerie van verdediging, het intussen gesê Russiese magte is in “volle beheer” van Cherson, ʼn stad met ʼn bevolking van 290 000 mense.

Konasjenkof sê openbare dienste en vervoer gaan voort soos normaal. “Die stad ervaar nie tekorte aan voedsel en noodsaaklike goedere nie.”

Volgens hom is samesprekings aan die gang tussen die Russiese weermag en plaaslike owerhede oor die handhawing van orde, die beskerming van die bevolking en die behoud van openbare dienste.

Inligting van Cherson se burgemeester, Igor Kolykhaiev, stem egter nie hiermee ooreen nie.

Kolykhaiev sê hy moet ʼn manier vind om “die dooies bymekaar te maak” en “elektrisiteit, gas, water en verwarming te herstel waar dit beskadig is”.

“Ons is steeds Oekraïne. Steeds ferm,” verseker Kolykhaiev.

Byna 836 000 mense het nou as gevolg van die konflik in Oekraïne gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Pietertjie ·

Ja. Solank hulle net by die Geneefse Konfensie hou, kan hulle maar verwoes en vermoor soos hulle wil!

Kokerboom ·

Wat bereik die Russiese boewe deur alles te vernietg???

Vlooitjie ·

Ukraine is nie onskuldig nie, een van die mees krimineelste lande in die wêreld

VaalDonkie ·

Wat bereik Oekraine deur nie die Russiese vredes-ooreenkoms te aanvaar nie?

Vexed ·

Ooo, OK, dan is dit reg, kan maar die onskuldige mense se lewens verwoes, geen probleem. Hoop maar net ons word nooit aan daardie stok gemeet nie…

VaalDonkie ·

Johan, weet jy wat al die afgelope 8 jaar in die Ooste van Oekraine aangaan?

Johan ·

VaalDonkie jy is heeltemal reg, meeste mense het nie n idee nie hartloop net agter die westerse propaganda aan. Hoekom hoor ons niks van Rusland nie…die antwoord, hul word stil gehou.

Wanda ·

Hier kom n 3de wereld oorlog. Siener van Rensburg het dit voorspel.

kaplyn ·

Siener van Rensburg het bloot sy visioene opgeteken. Hy het niks daaruit voorspel nie. Ek het sy visioene wat opgeteken is bestudeer en daar word geen melding gemaak dat hy ‘n derde wereld oorlog of enige oorlog voorspel het nie. Hy was ‘n diep gelowige man en het net die Bybel gelees.

minniemuis ·

n Video word rond gestuur daaroor wat even die Kongin insluit

Riaan ·

As ons mense meer begin Bybel lres en minder na ander mense se valse uitleg van oom Siener, sal dit ook beter gaan met ons.

Johan ·

Wanda het jy dit gesê toe die VSA Afgan vernietig het ook? Of wat van die 100de ander oorloë wat op die oomblik woed?

Philip ·

Die russiese soldate voer maar net bevele uit en is nie noodwendig fanatiese kommuniste nie net so ook Duitse soldate in die W/W 2 nie almal nazis was nie.Wat vir my eensydig is dat dokumentere films altyd die Duitsers as nazis en oorlogmisdadigers voorstel.

Dewald ·

Was die Russiese pantser voertuig ook beveel om bo-oor ‘n onskuldige ou man in sy kar te ry? (Die video was gedeel op die nuus)…. aan die anderkant, die man het seker op hulle geskiet, of maak ek nou die nuus op?

Dirk Mostert ·

Rusland is nie meer kommunisties nie. Sedert Putin president geword het is daar godsdiensvryheid in Rusland. Putin is self ‘n lidmaat van die Russiese Ortodokse Kerk. Westerse media se ongeloofwaardigheid is bewese.

Marius ·

Die russe is niks anders as slangsleepsels nie. Net muise maak oorlog teen vrouens en kinders en vsl hospitale aan. Uitvaagsels !!!

Johann ·

En dit als aan die hand van n magsmal anargis. N kommunis wat die wereld om hom sal vernietig ter wille van sy eie behoud….kyk mooi SUID AFRIKA. Wat gebeur as n despoot en sy kaders hulle eie magsbeheptheid met moord en geweld regverdig.

Jaco ·

Hoekom skiet die Russiese weermag ‘n oorwegend Russiessprekende stad in die Oekraïne plat? Dan benadeel hulle mos hulle eie mense. Iets maak nie sin nie.

Dirk Mostert ·

Waarom het 130,000 Oos-Oekraine die afgelope week na Rusland gevlug?

Renier ·

As iemand in die hospitaal staan en op die russe skiet, gaan hulle terug skiet. Dan se die oekraieners hulle val n hospitaal aan. Pasop vir die manier wat die westerse media stories verdraai. Staan terug en kyk na die prentjie van albei kante af. Oorlog het nie reels nie.

Groen Ghoen ·

Korrek, Renier. Burgerlikes en vrouens word as menslike skilde gebruik – net soos wat ons ANC “vegters” gedoen het. Dan ook word die lugafweerstelsels in hospitale en skole ingerig, asook tussen woonhuise.

Dewald ·

Hierdie oorlog word nie op ‘n oop stuk veld, of in die bos gevoer nie. Hierdie oorlog word in die stad, in die strate, tussen die mense gevoer. Miskien (nie dat ek al enige bewyse gesien het nie) staan ‘n man en skiet op Russe van die hospitaal se dak af. Waar anders moet hy staan? Eerder die woonstel blok se dak? Punt is, die Russe hoort in die eerste plek nie naby die hospitaal nie, of enige plek in daai land nie.

Richard ·

En wat soek Rusland in die EERSTE plek in hulle buurland?

Dirk Mostert ·

Zelensky het Molotov Cocktails aanbeveel. Ek het op TV gesien hoe kratte vol petrolbomme in Kiev gemaak word. Die CIA het dit vir hulle geleer tydens die 2014 staatsgreep. Zelensky deel ook gewere uit aan burgerlikes. As jy ‘n vreedsame burgerlike is beter jy jou distansieer van diegene met gewere en petrolbomme.

Anna-marie ·

Irak, Sirië, Libië, Viëtnam, Afghanistan……..en geen haan kraai daaroor nie.

Anna-marie ·

Irak, Afghanistan, Vietnam, Libië….en geen haan kraai daaroor nie.

Groen Ghoen ·

Die VSA (Biden) en NAVO kon die konflik keer. Putin het dit versoek. Sal die VSA tevrede wees met Russiese missiele en kernwapens op die Mexikaanse grens? Biden het ons almal in ‘n reuse gemors gedompel. Brandstof en voedsel gaan binnekort groot prysstygings sien.

Di ·

Moet NOOIT kommuniste glo nie – Hulle almal is slinks en probeer mense oortuig met die snert wat hulle kwytraak – Kyk maar na SA as ‘n goeie voorbeeld.

Dirk Mostert ·

Watter kommuniste? Jy is uit voeling met wat in die wereld aangaan!

Nico ·

Die Oostelike streek Donbas in Okraine waar twee “peoples republics” is(Luhansk & Donesk) word al vir 8 jaar geteister deur Okrainse soldate omdat hulle pro-Rusland is. Geen van dié wat nou vir Putin kruisig het belanggestel om die krisis op te los nie. Noudat Putin daadwerklik ingryp om te help is hy die boef. Ook het die “vrye weste” hom verder getart om Okraine in te trek in NATO wat ‘n verbreking van die ooreenkoms wat in 1991/1992 gesluit was met die ontbinding van die Sowiet Unie.
Pasop wie jy kwalifiseer as ‘n boef!

Dewald ·

Om “geteisterde Russe” voor te hou as verskoning vir grootskaalse aanval is gerieflik. Rusland het hoeka reeds ‘n deel van die Ukraine geannekseer, sonder dat die “vrye weste” daadwerklik ingegryp het. Baie vingers wat in allerhande rigtings wys. Putin se optrede kan eenvoudig nie regverdig word met die feite op hand nie. Ukraine is nie deel van NAVO nie, punt, al is daar stories daaroor. Putin wil Ukraine verwoes en die regering met ‘n pro-Russiese staat vervang, wat dan saam met Belarus vir hom ‘n lekker groot kussing gee teen die NAVO buurlande.

Karlahari ·

Na China word ook verwys as die Peoples Republic…
Die 2 distrikte wil nie deel wees van Ukraine nie.
En in die afgelope 8 jaar het hulle ook al verskeie “terroristiese?” aanvalle in die Ukraine gedoen.
My storie. Jou storie en die waarheid iewers tussen in.
Ons almal lees oor wat aangaan in die streek, maar bitter min SuidAfrikaners was al daar op voetsool vlak met die ware feite.

JohanR ·

Die Russe wen maar met ‘n hoofstad wat in pyn gele is, en heetemaal sal moet herbou word met watse geld? Wat se oorwinning is dit?

Dewald ·

Putin wil nie die land oorneem nie, hy wil hulle bloot vernietig en dalk ‘n pro-Russiese regering in plek stel.

Dirk Mostert ·

As jy ‘n slang wil dood maak moet jy sy kop aanval. Ons weermag se hakkejag-operasies in Angola was seker lank voor jou tyd.

Johan ·

Westerse propaganda masjien se wiele is weer aan die rol. Lyk my ons media is deel van daai selfde masjien. 120jaar gelede het meeste Britte geglo die oorlog in SA is die beste ding wat ons kon tref, daar is nou nog engelse helde uit daardie oorlog, net so word die Russe nou uitgeskryf deur die media, luister bietjie mooi. Selfs op PTAFM word slegs die weste se mening gelig. Vanoggend word die ambassadeur van die Oekraïne met smaak aangehaal (vanaf die VN) en dan stop hul net voor die Russiese Ambassadeur moet praat.

Dirk Mostert ·

Korrek. Die Westerse media word beheer deur dieselfde entiteit (Davos) wat ons belieg oor klimaatsverandering. Sonder daai media sou die “pandemie” nie van die grond af gekom het nie.

Pieter J ·

Iets wat my heeltemal dronk slaan is die feit dat daar nog mense in Suid Afrika is wat dink Putin is ń held. Hulle weet seker nie van ons jong seuns wat hul lewens verloor het tydens die grensoorlog weens die Russe se optrede nie. Die Russiese regering het nog něrens in die wěreld ń opbouende rol probeer speel nie. Sommige van die Russiese bevolking sě hulle probeer al 22 jaar om van Putin ontslae te raak. Die gewone mense in Rusland is eitlik baie aangenaam en kan nie help dat hulle al vir eeue sulke snaakse regeerders het nie.

Kerneels ·

Pieter, ek dink nie die grootter meerderheid beskou Poetin sodanig as ‘n held nie. Hulle respekteer net sy leierskap en konsekwentheid. As hy sê hy gaan iets doen, doen hy dit. Staan nie net en raas en blaas en skop stof op soos ander huidige westerse leiers nie. Soos die ou oerwoud gesegde: Moenie bang wees vir iemand wat sê hy gaan jou fiks nie, wees bang vir hom wat sê hy gaan jou wéér fiks!

My siening ·

Cyrel jul dieselfde comrades as putin komminus wat soos ANC LEEF!

Jaco ·

Wanneer gaan dié nonsens kommentare dat Rusland kommunisties is, eendag endkry? Sover ek weet is die Russiese Kommunistiese Party ‘n opposisie party in Rusland. Putin was ‘n kommunis, maar dis jare gelede. Hy het selfs later by die Russies ortodokse kerk aangesluit. Dis VER verwyder van die ateïsme wat die kommuniste verkondig. Kan maroelamedia.co.za asseblief ietsplaas oor hoe “kommunisties” Rusland tans is?

Dirk Mostert ·

Dit wat die Oekrainse woordvervoerders beweer die Russe doen, is presies wat die Oekrainse magte sedert 2014 in Oos-Oekraine gedoen het en nog doen. Die ICC-ondersoek na oorlogsmisdade in die Oekraine moet ook die Donbas Republieke insluit.

Jack ·

Ons is so vasgevang in ons klein wereldjie van misdaad en moord dat ons nie in solidariteit met Oekraine kan betoog nie. Daar is geen teken dat ons bekommerd is oor die aanslag op die vryheid van mense nie. Die anc is inteendeel tgv onderdrukking veral omdat dit n wit regering is wat uitwissing in die gesig staar. Hulle vergeet dat die oorlog gaan oorspoel na die land en dat anargie aan die orde van die dag gaan wees. Hierdie is n aanslag deur die duiwel teen die Christendom en elkeen van ons moet in opstand kom daarteen en dit in die openbaar toon. My gebede gaan uit na
my broers en susters in Oekraine.

annie ·

Waar is Navo? Die grootbek-uittarter. AFP mag stories verkoop maar die Russiese persgroepe word geboikot? Eensydig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.