Nóg vas ná aanval by Grande-konsert

Argieffoto: Ariana Grande

Nóg twee mense is in hegtenis geneem in verband met die selfmoordbomaanval tydens die Amerikaanse popster Ariana Grande se konsert Maandagaand in die Manchester Arena in Engeland.

Teen Vrydag is nege mense op twee vastelande in hegtenis geneem in verband met die aanval waarin 22 mense gesterf het.

Die polisie het Saterdag gesê nóg twee mans is oornag tydens ʼn klopjag op nog ʼn huis in Manchester in hegtenis geneem.

Britse owerhede en aan CBS gesê die meerderheid van die selfmoordbomaanvaller, Salman Abedi (22), se vermeende medepligtiges is nou aangekeer. “Ons is tevrede dat die meeste sleutelspelers aangekeer is, maar daar is nog werk wat gedoen moet word,” het ʼn beampte gesê.

Donderdag is twee verdagtes tydens ʼn klopjag in die Withington-omgewing van Manchester in hegtenis geneem. Die ander inhegtenisnemings is onder meer in die Libiese hoofstad, Tripoli, gemaak en volgens berigte is sommige van die verdagtes familielede van Abedi.

Die verdagtes is almal mans tussen die ouderdom van 18 en 38.

Die Islamitiese Staat (Isis) het Dinsdag verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Maroela Media het vroeër berig die ontploffing het die arena omstreeks 22:30 geruk kort nadat Grande opgetree het. Die skare was glo besig om die arena te verlaat toe die voorval gebeur het. Talle video’s is later op sosiale media gedeel waarin gesien kan word hoe mense huilend en skreeuend uit die arena hardloop. Nagenoeg 60 mense is beseer.

Grande het intussen aangedui dat sy na Manchester sal terugkeer om ʼn konsert te hou ten bate van die slagoffers en om geld in te samel om hul families by te staan.

Lees die vorige berigte oor die Manchester-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lynni ·

Onskuldige mense wat gesterf het soos die pragtige 8 jaar oue Saffie. Mooiste foto van haar gesien. Haar ma kritiek. Weet nie eens haar kind is dood nie. Ek lees sy het na haar ma geroep terwyl sy sterwend was. Dis so hartseer as mens al die slagoffers se foto sien met elkeen se geaardheid by foto.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.