Noodlottige skietery in België

Foto: Associated Press

Minstens vier persone isDinsdag dood tydens ‘n skietery in België.

Michel Firket, van die Liege-stadsraad, het aan die Associated Press gesê buiten die aanvaller, wat ook doodgeskiet is, is twee polisiebeamptes en ‘n verbyganger oorlede. Minstens twee persone is beseer.

Die openbare uitsaaier RTBF het gesê die skietery het Dinsdag naby ‘n kafee in Boulevard d’Avroy, Liege, plaasgevind.

Die skieter het van die toneel gevlug maar is later “geneutraliseer”, het RTBF berig en die polisie en brandweer as bronne aangehaal.

In ‘n video wat op Twitter gepubliseer is deur ‘n persoon wat glo ‘n ooggetuie was, kan ses skote gehoor word.

Die polisie en weermag in België is op hoë gereedheid sedert selfmoordbomaanvallers in 2016 altesaam 32 mense se dood veroorsaak het by die lughawe en ondergrondse treinstelsel in die land.

‘n Beampte van die Belgiese federale vervolger het aan AP gesê “daar is tekens” dat die skietery ‘n terreuraanval was. Die beampte wou anoniem bly, omdat hy nie gemagtig is om met die media te praat nie.

‘n Beampte van die krisisbeheersentrum het bevestig die gebied is beveilig.

Die Franse president Emmanuel Macron en Britse eerste minister Theresa May het hul simpatie betoon met België.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ampie ·

Die enigste vraag behoort te wees: is die skieter ‘n Moslem en het hy iets oor “Allah” geskreeu tydens die aanval? Maar die polities korrekte Europeers sal eerder doodgaan voordat hul dit sal erken.

Mag nie vra nie ·

Dit is teen vryheid van spraak om enige sulke vrae te vra.

Veritas ·

Vier doodgeskiet en dit haal die internasionale pers. Hier in sonnige SA, word dit gesien as ‘n oefenlopie.

AfrBel ·

Onthou net 3de wereld lande sal altyd minder dekking kry, wanneer laas het jy iets gelees van Argintinie of Brazil?

PJC ·

Die toelating van duisende onwettige moslem immigrante deur Europa gaan nog lelik in hulle gesigte ontplof. Hierdie aanvalle is simptome wat daarop dui dat iets aan die broei is.

thinus ·

Ja hoe lank sal Europa en ander lande neem om te erken dat terreur of terrorisme van die ANC in die ou RSA, presies dieselfde is as wat hulle nou self ervaar, nl: die afskuwelike kriminele dade teen onskuldige burgery, van lafhartige groepe wat nie ‘n gewapende stryd teen die weermagte kan of wil voer nie, en niks meer as ‘n valse bevrydingstryd is?
Hulle het dit gesteun, geld gegee en goed gepraat – tot nou toe. TERRORISME in RSA was goed in hul oe!

Karma ·

Dit is omdat al die EUROPESE Lande hulle lande oopstel vir immigrante van oral oor die wereld BEHALWE vir blanke Suid Afrikaners. Ons moet deur honderde hoops spring om te kwalifiseer, tov kwalifikasies, geld wat jy in die land inneem, mediese toetse en versekering, ons wat wettiglik daar wil inkom sukkel ons dood en die ander wat net daar arriveer of vir asiel aansoek doen word met ope arms ontvang EN hulle kry nog elke maand toelaes en verblyf ook . ons wat vir onsself daar wil sorg kom nie in nie . .. Ek is BAIE jammer oor die verlies aan lewens maar ek le dit 100% voor dier REGERING omdat hulle die dom besluite neem.

JSG ·

Nogal waar wat jy noem. Ek myself is ‘n 3de geslag Nederlands afstammeling in SA en het ‘n kans gehad om Nederlandse burgerskap te kry, maar is geweier op grond van redes wat jy noem.

Gerhard ·

Terloops – die dader was nie n immigrant nie, maar liewer n ‘career criminal’ war pas uit die tronk uit was. Punt geneem ivm immigrante hier ( ek woon in Belgie) – dit is n groot probleem – maar hierdie het niks met dit te doen nie (volgens huidige beskikbare inligting).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.