Noodtoestand in Australië weens brande

Brande woed in Australië. (Foto: Darren Pateman/ AP)

Australië het ʼn noodtoestand verklaar weens verwoestende brande wat sedert Vrydag in Canberra woed.

Minister David Elliott sê inwoners kan moontlik vandeesweek die gevaarlikste bosbrande nog ooit beleef. Brande in Canberra het reeds sedert Vrydag drie lewens geëis, 150 wonings verwoes en meer as 970 000 ha woude en landbougrond afgebrand.

Dokters en paramedici het reeds meer as 100 mense behandel vir beserings wat met die brande verband hou, het die ambulanskommissaris Dominic Morgan gesê. Brande het Maandag nege huise in Queensland verwoes en die lug in Brisbane en aangrensende sted erg besiedeel. Daar word boonop voorspel dat Brandtoestande Dinsdag sal vererger. Weens dié brandrisiko het die regereing aangekondig dat 367 skole en tegniese kolleges Dinsdag gesluit sal wees. Intussen staan Australiese militêre personeel 1500 brandbestryders by terwyl hulle 60 brande in Canberra probeer blus. Gevaarlike brande word ook Dinsdag verwag in Sydney en die Hunter Valley-omgewing.

Die week-lange noodtoestand gee die brandweer beheer om hulpbronne en ander regeringsinstellings aan te wend soos hulle goed dink.

Die Australiese vuurseisoen het vanjaar vroeër as gewoonlik begin, ná ʼn buitengewone warm en droë winter. Australië is die droogste kontinent, naas Antarktika en wetenskaplikes sê Australië is daarom besonders vatbaar vir uiterste weerstoestande wat verband hou met klimaatsverandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ellisras ·

Dit is net in Australië, Kalifornië en ongelukkig in Knysna wat Brande buite beheer raak. Al stem ek min met President Trump saam, is dit korrek dat hy die Goewerneur van Kalifornië aangespreek het. Trump het gevra hoekom Brande net in Kalifornië “buite beheer” raak. Maar nie in ander state nie.
Ek wonder ook.

Spyker ·

As dit kom by sport is hulle die “vyand”maar die is n ander ballgame.hoe kan n mens help ?.kan n vonds of so nie gestig word nie ?.hulle neem tog soveel suid afrikaaners in .!

Ellisras ·

Ons kan liewer bydra tot fondse vir droogtehulp vir ons eie boere. Veerl eers voor ons voordeur.

Rupert Ashford ·

Die brande is sover ek weet in New South Wales en Queensland. Hulle beleef ‘n hittegolf soortgelyk aan bergwindtoestande in die Oos Kaap wat die toestande vir brande vererger. Voeg daarby die “groen ” politiek wat enige beheer van branstof (takke, blare, klein bosse) op die bloekomwoude se grondvlak teenstaan en die toestande vir hierdie brande neem toe. Sterkte vir Dinsdag, Australia.

Liezel ·

Die brande is in New South Wales en Queensland. Canberra (Australian Capital City) is aan die ander kant van waar die brande tans woed.

Dinsdag is katastrofies want die voorspelling wys wind van 60km/h, 10% humiditeit en 37°+ temperature.

Daarmee saam soos Rupert noem, die Greens wat “back burning” ten sterkste teen staan.

Daar is 3 mense oor die naweek oorlede. Meer as 200 huise verwoes. 350 koalas dood of beseer. Die devastation is groot en more le nog voor.

Ons bid vir Australia en al die brandweer spanne wat om die beurt die vure bestry.

Ons almal staan saam en daar is reeds honderde drop off points waar ons donasies kan aflewer wat aangery word na die krisis areas toe.

Luke ·

Die brande is normaal, veral as n mens met n 3l Fortuner of Ranger ry om brood en melk te Gaan koop! Die aarde rebeleer net so bietjie, niks ernstigs nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.