‘n Twaalf maande lange noodtoestand is in Argentinië se Buenos Aires-provinsie uitgeroep nadat inwoners, wat weens misdaad blootgestel en oorweldig gevoel het, self begin het om vermeende kriminele tereg te stel.
Die noodtoestand is deur die goewerneur van Argentinië se digsbevolkte provinsie, Daniel Scioli, uitgeroep. Voorvalle van boendoe-teregstellings het egter ook in ander provinsies reg oor die land plaasgevind.
Die voorvalle het in intensiteit begin toeneem toe ‘n 18-jarige persoon ‘n vrou se beursie in Rosario vasgelê het, maar deur ‘n woedende skare aangekeer en doodgeslaan is. Misdaad in Rosario het skerp toegeneem, veral weens die bedrywighede van dwelmbendes.
Geen amptelike syfers is bekend nie, maar die Argentina Independent noem in sy hoofartikel dat sulke voorvalle nie nuut in Argentinië is nie, en ook meer gereeld in ander Latyns-Amerikaanse state, veral Guatemala voorkom. Anders as in Argentinië is dit dikwels tot landelike gebiede beperk, en dikwels sterk ritueel van aard.
“Oorverhitte” mediaberigte word ook vir die toename in boendoe-geregtigheid geblameer.
Scioli, wat ook sy oog op volgende jaar se presidentsverkiesing het, het ook verskeie maatreëls aangekondig om die vlaag misdade te bekamp, waaronder ‘n oproep op afgetrede polisieveterane om weer by misdaadbestryding betrokke te raak.
Bronne: Merco Press, Argentina Independent, Big Story
Ware, Reg En Geregtigheid. Oog vir n oog.