Waarnemers meen dit is selfs in Noord-Koreaanse terme witwarm taalgebruik. Die minister het voorts gedreig dat die kanse op ’n oorlog met die VSA groot is as die jongste gesamentlike Amerikaanse en Suid-Koreaanse militêre oefeninge voortgaan.
“Die Koreaanse skiereiland is ’n kernkruitvat,” het hy gesê.
Al maak Noord-Korea tradisioneel wilde uitsprake wanneer die VSA en Suid-Korea gesamentlike militêre oefeninge hou, is die jongste uitsprake en veral die geleentheid waar dit gesê is, as buitengewoon beskou.
Voordat die militêre oefeninge begin het, het Noord-Korea twee kortafstandvuurpyle afgevuur wat in die Japannese See geland het.
Bronne: Verskeie berigte van ANP.
Ek verbeel my dat Suid-Korea en Noord-Korea het einde verlede jaar begin praat oor moontlike “vrede” en dat die mense van die Korea weer vrylik sal kan rondbeweeg tussen die twee lande. Wat het van daardie storie geword?