Noord-Korea dreig VSA met ‘voorkomende kernaanval’

Argieffoto

Argieffoto

Noord-Korea kan die VSA met sy kernvermoë afskrik en indien nodig, selfs “voorkomende kernaanvalle” loods, het Ri Su Yong, Noord-Korea se minister van buitelandse sake, by ’n internasionale beraad oor ontwapening in Genève, gedreig.

Waarnemers meen dit is selfs in Noord-Koreaanse terme witwarm taalgebruik. Die minister het voorts gedreig dat die kanse op ’n oorlog met die VSA groot is as die jongste gesamentlike Amerikaanse en Suid-Koreaanse militêre oefeninge voortgaan.

“Die Koreaanse skiereiland is ’n kernkruitvat,” het hy gesê.

Al maak Noord-Korea tradisioneel wilde uitsprake wanneer die VSA en Suid-Korea gesamentlike militêre oefeninge hou, is die jongste uitsprake en veral die geleentheid waar dit gesê is, as buitengewoon beskou.

Voordat die militêre oefeninge begin het, het Noord-Korea twee kortafstandvuurpyle afgevuur wat in die Japannese See geland het.

Bronne: Verskeie berigte van ANP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rissiepit ·

Ek verbeel my dat Suid-Korea en Noord-Korea het einde verlede jaar begin praat oor moontlike “vrede” en dat die mense van die Korea weer vrylik sal kan rondbeweeg tussen die twee lande. Wat het van daardie storie geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.