Noord-Korea dreig VSA weer met “vreeslike ramp”

amerika vlagNoord-Korea het, by monde van die amptelike Noord-Koreaanse nuusagentskap KCNA, die VSA met “rampspoedige gevolge” gedreig en al sy weermageenhede op die hoogste vlak van gereedheid geplaas.

Noord-Korea se reaksie kom nadat ‘n aantal Amerikaanse oorlogskepe en ‘n vliegdekskip in ‘n Suid-Koreaanse hawe aangekom het. Dit maak deel uit van gereelde gesamentlike militêre oefeninge tussen Suid-Korea en die VSA.

Noord-Korea se jongste dreigemente word egter nie ernstig opgeneem nie en word vertolk as deel van Noord-Korea se gereelde “vloermoere om aandag te trek”, soos dit al beskryf is.

Noord-Korea beleef gereelde hongersnood, en besweer binnelandse ongelukkigheid deur vir die wêreld vuis te wys, soos hier weer die geval is.

Noord-Korea het onlangs ook gedreig om die wapenstilstand met Suid-Korea eensydig op te hef weens gewaande aggressie uit die suide. In Maart vanjaar het Noord-Korea – ‘n kernmoondheid – die VSA, Suid-Korea en Japan gedreig met kernaanvalle.

Die VSA sen Suid-Korea het verlede week ‘n nuwe miliêre ooreenkoms onderteken.

Japan het sy pasifistiese grondwet begin hersien, hoofsaaklik om beter in staat te wees om aggressie vanaf Noord-Korea die hoof te kan bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.