Amerika, Japan en Suid-Korea het Sondag Noord-Korea se lansering van ʼn vuurpyl skerp veroordeel.
ʼn Berig uit Pyongyang, hoofstad van Noord-Korea, het daarop gedui dat die vuurpyl slegs gebruik is om ʼn satelliet in ʼn wentelbaan te plaas, maar volgens kritici was dit ʼn toets vir ʼn verbode missiel.
Die sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies sal Sondag vergader.
Intussen het John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake, gesê die lansering van die missiel is ʼn “moedswillige oortreding van die VN Raad se resolusie oor Noord-Korea se gebruik van ballistiese missieltegnologie. “Dit is die tweede keer binne ʼn maand wat Noord-Korea kies om nie net die veiligheid van die Koreaanse skiereiland te bedreig nie, maar ook die streek en die VSA,” het hy gesê. Lees meer.
Dit is ‘n openlike uittarting van die VN.
Die VN word slegs ernstig opgeneem deur die VN. Hulle het as lakei/e van ie VSA lank reeds hulle eie geloofwaardigheid begrawe .
Wie dink die VN is hul om ander lande te verbied om wapens te hê. Die VSA het duisende sulke wapens. Baie arrogant regtig. Die VSA en NAVO is n baie groter bedreiging vir wereld vrede as NK.
Verstaan nie die Herrie nie.
NK het ‘n vuurpyl lanseer om ‘n sateliet in die ruimte te plaas wat wel gedoen is en dit is onaanvaarbaar.
Elon Musk het dieselfde gedoen (terloops baie geluk aan hom ook) en dit is nie ‘n misdaad nie.
Die VN behoort alle lande te verbied om enige kernwapens te besit. Die rede wat diegene, wat reeds oor sulke wapens beskik, aanvoer as verskoning is belaglik. Diè lande probeer voorgee dat hulle besit van kernwapens, wêreldvrede verseker. Dit vat nie veel breinkrag om die werklike redes raak te sien nie.
Die US se kop klap aan hulle is die grootste gevaar vir almal in die wereld,en hulle skrik as so klein landjie iets toets?