Noord-Korea moet binnekort ophou bestaan – Suid-Korea

Kim Jong-unSuid-Korea het ongewoon skerp gereageer op uitlatings deur die Noord-Koreaanse staatsmedia dat die president van Suid-Korea, Park Geun-hye ’n “ou prostituut” is.

Volgens die Suid-Koreaanse minister van verdediging, Kim Min-seok, is Noord-Korea nie ‘n werklike land nie en moet dit binnekort ophou bestaan. Kim het Maandag gesê dat Noord-Korea slegs vir die welsyn van een persoon, sy diktator Kim Jong-un, bestaan.

Die Noord-Koreaanse staatsmedia het pres. Barack Obama onlangs ‘n aap genoem. Die Withuis het dit as “walglike rassisme” beskryf.

Bronne: AP en Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.