Noord-Korea se kerntoets veroordeel

Kim Jong-un, leier van Noord-Korea

Kim Jong-un, leier van Noord-Korea

Verskeie lande, waaronder Japan, Suid-Korea, Brittanje en die VSA het Noord-Korea skerp veroordeel vir die toets van ’n waterstofbom in die noordooste van die land.

Die ontploffing het ’n aardbewing van 5,1 op die momentmagnitudeskaal gemeet. Verskeie media het verkeerdelik berig dat dit ’n sterkte van 5,1 op die Richterskaal opgelewer het, maar die Amerikaanse USGS wat dit gemeet het, gebruik nie die Richterskaal nie.

Japan beskou die toets as “onaanvaarbaar” en Brittanje wys daarop dat dit ’n skending van verskeie VN-resolusies behels. Die VSA het die toets veroordeel en ’n beroep op Noord-Korea gedoen om te hou by internasionale ooreenkomste. Frankryk het ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sterk standpunt in te neem.
Suid-Korea dreig met sanksies.

Bronne: Trouw, USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan 2 ·

Hoeveel toetse het die VSA, VK en Frankryk uitgevoer, 100de!

Loeis ·

Met kernwapens! Mens kan nie Noord-Korea se militarisme goedpraat nie maar daardie lande is in geen posisie om ‘n vinger te wys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.