Noord-Korea het nie gras onder sy voete laat groei na die kernspitsberaad in Nederland waar die kerndiktatuur breedvoerig onder die loep geneem is nie, en het Woensdagoggend vroeg twee middellangafstand missiele in die rigting van Japan afgevuur.
Die missiele het sowat 650 kilometer van die kus in die see geval.
Ingevolge ‘n VN Veiligheidsraadresolusie mag Noord-Korea nie sulke oefeninge doen nie.
Amptelik is Noord-Korea ontevrede oor onlangse gesamentlike Amerikaans-Suid-Koreaanse militêre oefeninge wat Noord-Korea in sy propaganda as voorbereiding vir ‘n inval beskou.
Noord-Korea het verlede jaar ontsteltenis veroorsaak deur ‘n kernbom ondergronds te laat ontplof, en daarna te dreig om Washington en Seoel met kernbomme aan te val.
Bron: Trouw
Daardie kort vet mannetjie kort `n loodpil. Dit is skrikwekkend om te dink dat daardie klein misbaksel oor kernwapens beskik. Ek voel so aan my bas hy gaan nog eendag moles maak daarmee.