Noord-Korea vra staking van alle vyandelikhede

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea.

Noord-Korea het ‘n beroep op Suid-Korea gedoen om vanaf Vrydag alle vyandelikhede, waaronder ook sielkundige oorlogvoering en propaganda, te staak. Die twee Koreas is tegnies al vir dekades in ‘n oorlog gewikkel met slegs ‘n brose skietstilstand wat die lande uit mekaar hou.

Die versoek val saam met die besoek dié week van China se president Xi Jinping aan Suid-Korea. In die verlede het Chinese presidente altyd eers in Noord-Korea – ‘n bondgenoot – ‘n draai gaan maak. Waarnemers meen die feit dat Xi dit nié doen nie, is ‘n duidelike boodskap aan Noord-Korea se Stalinistiese leierskap dat die Noord-Korea nou ‘n groot klip in die maag vir die Chinese word.

Verlede week het Noord-Korea nog missiele “getoets” om Suid-Korea en sy bondgenote te provokeer. Noord-Korea het ook aangekondig dat twee Amerikaanse toeriste vir dade van “vyandelikheid teen die staat” voor ‘n regter gesleep gaan word. ‘n Amerikaanse sendeling dien reeds 15 jaar aanhouding in ‘n strafkamp uit na hy aan soortgelyke aanklagte skuldig bevind is.

Bronne: Trouw, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.