Noord-Korea het Maandag vier ballistiese missiele afgevuur wat sowat 1 000 km verder in die see ontplof het.
Dit is glo in reaksie op die VSA en Suid-Korea se militêre oefeninge. Dit was nie onmiddellik duidelik presies watter soort missiele afgevuur is nie. Drie van die missiele het sowat 300 km van Japan se kus ontplof. Dit is die derde keer sedert Augustus dat missiele in die eksklusiewe ekonomiese sone van Japan beland.
Die afvuur van die missiele word as ʼn uitdaging aan die Trump-administrasie gesien aangesien daar tans gewerk word aan die VSA se beleid rakende Noord-Korea.
Verskeie missiele is die afgelope paar maande deur Noord-Korea afgevuur terwyl die land se leier, Kim Jong Un, hom beywer vir ʼn kern- en missielprogram in reaksie op die VSA en Suid-Korea se “vyandigheid”.
Daar is kommer dat Noord-Korea interkontinentale ballistiese missiele gaan toets wat die VSA sou kon bereik. Die VSA het 28 500 troepe in Suid-Korea en 50 000 in Japan as ʼn afskrikmiddel teen potensiële aggressie van Noord-Korea.
Nou waar is die nuusdekking van hoeveel marine lewe verwoes is? Dis nie net mense lewe wat tel nie… hoeveel vis…walvis..haaie…dolfyne en ander see lewe is beinvloed daardeur?
Besef jy hoe groot die see is?
Iemand tender om ge-Trump te word.?
Arme Japan.
Ek verstaan Trump wil nie meer betrokke raak in oorloë dwarsoor die wêreld nie. Ek is bevrees hy gan nie veel van ‘n keuse hê nie.
Ou Kim is nogal wintie – dit kos minder as dit om oorlog te ontketen … dink seker die Sjinese sal agter hom staan