Noorweegse padsterftesyfer laagste nóg

Die Noorweegse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Die Noorweegse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Terwyl die minister van vervoer Dinsdag aangekondig het dat meer mense tydens die feesseisoen op Suid-Afrikaanse paaie dood is as in die oorstemmende tyd die vorige jaar, het Noorweë pas bekendgemaak dat geen kinders jonger as tien jaar in 2015 op dié land se paaie gesterf het nie.

Volgens ʼn verslag van die Noorweegse raad vir padveiligheid is dit die eerste keer dat dié mylpaal bereik is.

“Daar is in 1970 ongeveer 100 kinders dood op Noorweegse paaie. Dit is duidelik dat sitplekgordels, ʼn verlaagde spoed en veiliger paaie lewens red,” het Jan Johansen, direkteur van die raad, gesê.

Johansen meen die afnames van sterftes op paaie kan toegeskryf word aan wette om kinders se veiligheid op die paaie te verseker.

Hy het ook gesê daar is oor die algemeen baie minder sterftes op Noorweegse paaie: In 2015 was daar slegs 113 padsterftes teenoor die 147 in 2014.

“Mense se houding teenoor padveiligheid het verbeter. Daar is egter nog nie rede om op en af te spring nie,” het Johansen gesê. “Daar is 113 mense vanjaar op die paaie dood, en dis 113 te veel.”

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Dinsdag aangekondig dat 1 755 mense op Suid-Afrikaanse paaie gesterf het. Sy het gesê noodlottige ongelukke in Suid-Afrika het met 11% toegeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

StopTheMadness ·

Praat ons hier van die hele 2015 of net van die fees seisoen? Ek het n spesmaas dat die Norrweegse syfer n jaar syfer is teen die SA syfer wat net vir die fees gety is…nog erger! Dit moet rassisme wees!

Anoniem ·

Ons sit met Taxi drywers wat geen pad reels gehoorsaam nie en ry soos hulle wil, so as die Minister minder sterftes op die paaie wil he moet sy begin om die ongehoorsaamheid van taxi bestuurders aan te spreek…

Francois le Cochon ·

Ja, maar in Noorwee neem dit jou drie jaar om ‘n volle bestuurslisensie te kry. Ook word geen vragmotors oor naweke en vakansies op die pad toegelaat nie. Word jy gevang vir dronkbestuur, word jou lisensie vir 5 jaar afgeneem. Word jy vir ‘n tweede keer gevang – permanent. Noorwee het die beste bestuurders in die wereld.

DPJ ·

Patrelie motors toegerus met kammeras is ‘n voorvereiste om ons ongeluksyfers af te bring en moontlike omkopery te verlaag.

f.j ·

Gevaarlike voetgangers wat te vinnig stap in die ryvlak en paaie kruis sonder om links,regs te kyk veroorsaak heeltemal te veel botsings.die statistieke moet geskei word tussen motor botsings en ongelukke waarby voetgangers betrokke is.

Karel Sieta ·

Dra hulle wapens of iets by hulle ? of hoekom is hulle gevaarlik … en ek het hulle nog nooit sien vinnig stap nie , meer soos drentel !

Karel Sieta ·

Noorwee het ‘n bevolking van slegs 5 miljoen – SA het 70 miljoen (ingereken Moz en Zim burgers (-:) – x hul syfers dus met 12 …. nie regtig nie want SA het 30 mil mense onder 18 jaar wat nie behoort te bestuur nie – is hul syfer dus werklik so goed ?

Marko Miladinovic ·

Dis korek Karel, en dan moet ons in ag neem watse afstande hulle daar afle en ons hier, hoeveel voetgangers in hulle botsings betrokke is en hoeveel van hulle maak gebruik van publieke vervoer. Dan sal jy vind ons (slegte) Suid Afrikaaner ia toe nie die ergste padverbruikers in die wereld nie!

Lynette ·

Wie van julle probeer nou vir wie ‘bluff’? Ons syfer is en bly n skande. Moenie n land wat sy mense veilig hou, afbring na ons vlak nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.