Notre Dame vier eerste mis sedert verwoestende brand

Die Notre Dame-katedraal ná die brand. (Foto: AP Photo/Kamil Zihnioglu)

Die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, sal Saterdag sy eerste mis vier sedert dié ikoniese kerk sowat twee maande gelede deur vlamme verteer is.

Volgens die Catholic Herald sal die mis vanaand deur die aartsbiskop van Parys, Michel Aupetit, gelei word in die kapel aan die oostekant van die katedraal wat die kroon van dorings huisves. Dié kapel is nie gedurende die verwoestende brand in April vanjaar vernietig nie en kan slegs ʼn klein aantal mense huisves.

Sowat 30 mense, van wie die helfte geestelikes, word by die heilige geleentheid verwag waar almal hardehoede sal moet dra vir veiligheidsdoeleindes.

Die mis vind plaas ter herdenking van toewyding, die toewyding van die altaar, wat tradisioneel op 16 Junie gevier word en sal op Franse televisie uitgesaai word sodat gelowiges in die land in die mis kan deel, het France24 berig.

Maroela Media het vroeër berig ’n brand het by die ikoniese katedraal uitgebreek en agt uur lank gewoed. Die brand het groot dele van hierdie meer as 850 jaar oue struktuur wat uit die 12de eeu dateer, verwoes.

Emmanuel Macron, president van Frankryk, beoog om die katedraal binne die volgende vyf jaar te restoureer sodat die katedraal, een van die stad se gewildste toeristebestemmings, gereed sal wees vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jaco ·

Frankryk is omtrent 90% a ateïsties, maar die sogenaamde “geestelikes” hou hulle besig met toewyding van ‘n altaar en bewaring van ‘n doringkroon. Plaas hulle die strate invaar en die mense blootstel aan Jesus se evangelie.

Abe ·

jaco,
Jou feite (%) is darrem nie korrek nie en die mis en toewydingsdiens word gehou ter wille van duisende Christene in Frankryk en n chritelike kultuur van 100de jare oud.

Abe ·

jaco en Antoon,
Julle albei se feite is verkeerd met n aan sienlike marge. Sien Wikiepedia, “Religion in France” – en die toepaslike statistiek wat daar aangegee word is “Christianity – 51.5%” of google “How strong is Christianity in France?” “PHILLIPS’S ATLAS” gee nog groter persentasies.

Abe ·

jaco en Antoon,
Dit interesseer my: Hoekom wil julle Frankryk as besonder on-Christelik voorstel?

Jacques ·

Abe, google asb Franse Hugenote dan verduidelik jy vir my wat is Christelik omtrent Rooms Katoliek.
Daars nog baie ander voorbeelde, maar ons vat net een treetjie op ‘n slag.

Denise ·

JY IS 100% RÉG JACO! Daar is absoluut niks ‘christelik of geestelik’ aan notre dame nie,se katolieke en vieslike beelde van afgode en STONE DEMONS ens en gemors nie!!!

John ·

Macron se beloofde miljarde vir die herstel van die toeriste-atraksie realiseer toe nie… nou moet groot publisiteit volg. Volgens die RK kan mense die vergifnis van jou sondes koop… lees, diegene wat dit nie glo nie… Europa het vir te lank op toeriste gehoop vir ‘n inkomste. Die ou geboue verval en skieoorde loop leeg en die stede raak vol van hopende storiemanne. Tye verander. Ideologieè begin papwiele gee.

Jan Brand ·

Mense in ontwikkelde en moderne samelewings, soos Europa en Japan, kan vir hulself dink, en loop nie soos skape agter ‘n priester of profeet aan nie, en glo nie meer die mites wat gelowe opdis nie.
Die aarde is nie in ses dae gemaak nie, die Israeliete was nooit in die Sinai-woestyn nie, Mohammed het nie op ‘n perd met vlerke hemel toe gevlieg nie en daar sal nie ‘n klomp skone maagde op jou wag as jy in ‘n heilige oorlog sterf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.