‘Notting Hill’-aktrise sterf

Emma Chambers. Foto: ANA.

Emma Chambers, die Britse aktrise wat bekendheid verwerf het met haar rolle in die TV-reeks The Vicar of Dibley en die immergewilde romantiese komedie Notting Hill, is dood in die ouderdom van 53.

John Grant, haar agent, het Saterdag gesê Chambers is Woensdagaand aan natuurlike oorsake dood.

“Sy het deur die jare ʼn reusehoeveelheid werk opgebou en sy het ʼn glimlag en blydskap aan talle mense gebring. Sy sal vreeslik gemis word,” het hy gesê.

Hugh Grant, haar mede-akteur in Notting Hill, het Chambers as “skreeusnaaks, ʼn briljante aktrise en ʼn warm persoonlikheid” beskryf.

Chambers word deur haar man, Ian Dunn, oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.