November: Rekordgetal vlugtelinge in Duitsland

vlugtelingeNovember is nog nie verby nie, maar ʼn rekordgetal van 180 000 vlugtelinge het reeds in Duitsland opgedaag.

Die winter is hier, maar dit het die stroom vlugtelinge nie verminder nie. Inteendeel, dit het vermeerder en die Duitse polisie het reeds meer as 180 000 onwettige reisende mense getel. Bloot die afgelope naweek is 14 482 getel. Nogtans beklemtoon die Duitse polisie die feit dat hulle beslis nie alle vlugtelinge kan tel nie, want baie beweeg oor die grense sonder om getel of geregistreer te word.

Die “Zentralrad der Juden” wat die Joodse gemeenskap in Duitsland verteenwoordig, dring aan dat ’n getal vasgestel word van hoeveel immigrante uiteindelik in Duitsland toegelaat sal word. Die Duitse kanselier Angela Merkel het dit egter Vrydag tydens die CSU-partydag duidelik gestel dat geen perk op ʼn bepaalde getal toelaatbare mense vasgestel sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boesman ·

Ek is bevrees dat hulle eers te laat sal besef dat hulle ‘n fout gemaak het.

remon ·

As hulle hulle oe uitvee word hulle uit hul eie land verdryf

RSA ·

Welkom in ons wereld. Wag totdat die geweld begin,
soos die waaronder ons gebuk moet gaan elke dag in Suid Afrika

Maddox ·

Dit is klaar aan’t gebeur in Duitsland, die media word deur die regering verbied om daaroor te rapporteur. Indien enige joernalis dit sou waag om verslag te doen daaroor sal hy summier ontslaan word. Net laas week is ‘n joernalis by De Welt afbetaal omdat hy nie sy mond gehou het oor die geweld nie.

Koos ·

Sal dit nie ironies wees indien die lande wat vir ons gepredik het met dieselfde probleme opgeskeep sit nie.

Takkie Takuuza ·

My van hoef seker nie Van Rensburg of Nostradamus te wees om ‘n Zenofobiese uitbreek in Europa te voorspêl nie?

Eddie ·

Glo my ek stem nie saam met wat sy gedoen het nie. Ek stem ook nie saam met die wat hulle monde uitspoel oor goed wat hulle niks van af weet nie. In die eerste plek wie is ons as mens om ander te oordeel en te veroordeel. Daar is net een wat die reg het om dit te kan doen en dit is ons Hemelse Vader. So ek raai aan die wat so vining oordeel kyk eers na jou lewe voor jy iemand anders verdoem.

Genis ·

Die klein Duitse dorpie Sumte, met ‘n bevolking van 102 mense, is pas gedwing om 750 vlugtelinge in te neem. Ek weet dis lelik van my om te lag, maar ek kan dit nie verhelp nie. Dis belaglik.

Eddie ·

Eish sorry!!! was te haastig met die send knoppie. Verkeerde berig. He He

pop ·

Gaan dit dalk die keer die duitsers wees en nie die jode wat “etniese cleansing” gaan deurmaak. Wiel wat draai.

Yvonne ·

Het Angela Merckel en haar trawante dan nou só liberaal geword dat hulle stokblink is? Waar is hulle oorlewingsdrang?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.