NS-betogers kamp voor parlement

Voertuie het die strate rondom die parlementsgebou in Wellington versper. (Foto: Marty Melville/AFP)

Die bestuurders van die konvooi vragmotors en kampeerwaens wat sedert Dinsdag in protes teen allerlei Covid-19-verwante regulasies voor die parlementsgebou in Wellington, Nieu-Seeland, geparkeer staan, het Woensdag onderneem om daar te bly vir “so lank as wat dit vat” om die regulasies op te hef.

Honderde Nieu-Seelanders het Dinsdag by die land se parlementsgebou opgeruk in protes teen Covid-19-beperkings en gedwonge inentings.

Soortgelyke optogte in Kanada het intussen daartoe gelei dat van die provinsies hier hul Covid-19-regulasies opgehef het. Betogings gaan wel nog voort in dié provinsies wat steeds aandring op verpligte inentings en die dra van maskers.

In Nieu-Seeland word mense wat in sektore soos gesondheid, wetstoepassing, onderwys en verdediging werk, verplig om teen Covid-19 ingeënt te word en dreig werkgewers om diegene wat dit nie doen nie, in die pad te steek.

Voertuie wat die vorige dag die strate van Wellington toegestop het met boodskappe van “gee ons vryheid terug” en “dwang is nie toestemming nie” het Woensdag reeds teruggekeer huis toe.

Talle betogers het egter vasberade gebly, tente opgeslaan en geweier om uit die hoofstad te vertrek.

Betogers kamp om die parlementsgebou. (Foto: Marty Melville/AFP)

Hoewel die polisie sê dat die betogings grotendeels vreedsaam is, is drie van die betogers in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om by polisielede wat die parlementsgebou beskerm, verby te kom.

“Die polisie sal voortgaan om die optrede te monitor, aangesien mense die reg het op ʼn vreedsame protes,” het owerhede gesê.

Sel Currie, ʼn inwoner van Auckland, het aan AFP gesê hy is nie van plan om vinnig uit die hoofstad pad te gee nie.

“Ons sal hier bly vir so lank as wat dit vat,” sê hy. “Indien daar enigsins geweld vandag is, gaan dit nie van ons af kom nie.”

Volgens die nuusdiens 1News beweer die Nieu-Seelandse eerste minister Jacinda Ardern egter dat die betogers nie die meerderheidstandpunt verteenwoordig nie.

“Ek dink dit sal verkeerd wees om aan te neem dat dít wat buite [die parlementsgebou] gesien word op enige manier as die meerderheid se siening beskou kan word,” sê sy.

“Die meeste Nieu-Seelanders het reeds alles in hul vermoë gedoen om mekaar veilig te hou.”

Kanadese provinsies hef alle beperkings op

Betogers speel hokkie in die strate van Ottawa, Kanada. (Foto: Dave Chan/AFP)

Kanada se Saskatchewan-provinsie het Dinsdag aangekondig dat hy alle Covid-19-beperkings in die provinsie gaan ophef te midde van die betogings wat die land se hoofstad kniehalter. Ander provinsies in die land beoog ook nou om Saskatchewan se voorbeeld te volg.

Die burgemeester van Ottawa, Jim Watson, het reeds vroeër vandeesweek ʼn noodtoestand in die hoofstad afgekondig in reaksie op die voortdurende betoging teen verpligte Covid-19-inentings en inperkingsregulasies vir diegene wat nog nie ingeënt is nie.

Dié betoging duur al langer as ʼn week.

Die inwoners van Saskatchewan hoef voorts nie meer maskers te dra nie en diegene in Alberta sal nie ʼn bewys van inenting hoef te verskaf nie, berig Global News. Byna alle Covid-19-verwante regulasies sal reeds van 1 Maart af in Alberta opgehef word.

Intussen het Francois Legault, premier van Quebec, Dinsdag aangedui dat Covid-19-maatreëls in sy gesagsgebied teen middel Maart opgehef sal word.

“Ons sal moet leer om met die virus saam te leef,” het hy gesê.

Owerhede in Ottawa het egter nog nie aangedui of hulle die voorbeeld van talle ander provinsies gaan volg nie.

Van die vasbeslote betogers in dié stad het reeds die bande van hul vragmotors afgehaal en hul remme aangepas om hul voertuie te immobiliseer.

ʼn Betoger, Martin Desforges, het aan AFP gesê hy is vasbeslote om “tot die einde toe” te bly, wat volgens die organiseerders van die optog eers sal aanbreek wanneer alle pandemiebeperkings opgehef is.

“Ek is teen die dra van ʼn masker, verpligte inenting, alle afstandsmaatreëls en die sluit van restaurante,” het hy gesê.

John Hawley-Wight, ʼn medebetoger, deel Desforges se standpunt.

“Om ingeënt te word moet ʼn besluit tussen ʼn persoon en ʼn dokter wees – nie die regering nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Wanneer doen ons dieselfde? Ek is nie een vir optogte nie, maar so een sal ek bedlus ondersteun. Dit het tyd geword, veral nou dat die regering allerhande snaakse goed op ons wil afdwing!

Jaco ·

Dit sal ‘n inisiatief vanaf ramaphosa se our people moet wees, soos die taxi drywers wat gesê het “ons ry 100% vol en met toe vensters”. As die inisiatief vanaf wit mense kom, gaan daar net gesê word “hulle is rassisties, vol apartheid, reaksionêr en teen transformasie”. Ons kan dan ook ekstra gestraf word met nog meer regstellende aksie, radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding.

Riekert Arend ·

Dis omdat ons met so ‘n bly liewer stil en moenie golwe maak nie net nou noem hulle ons rasis mentaliteit wat verooraak het dat ons SLAPGAT GERAAK HET.
JA NOEM MY ‘n Rassis of wat jy okal wil.
DIE BOER STAAN NIE MEER TRUG NIE!!!!

Christine ·

Ons moet ophou bang wees wat hulle aan ons kan doen, moet saamstaan en ‘n einde eis van kopdoek en haar drakoniese reëls.

Genis ·

Ons moet ook , ek stem, genoeg is genoeg van al die twak….

JD ·

Mooi NS. Dis hoog tyd, Jacinda se powertrip is om van naar te word

H.A. ·

EN WAT DOEN ONS IN S.A. ? ONS JA EN AMEN MAAR, ONS HET NET BEK. DIT IS HOEKOM DIE REGERING ONS EET VIR N TOFFIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.